Volkies fietsryers gekies vir Afrika fietsryspan

Kristen “Nooi” Louw en Pieter du Toit van die oefengroep Turbo Snails met afrigter Frans van der Berg, is deel van die 20 fietsryers wat deur die Afrika fietsry organisasie gekies is. Die skitterende aspek hiervan is dat hierdie twee fietsryers van Hoër Volkskool Potchefstroom deel is van slegs vier Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die span. …

Kristen “Nooi” Louw en Pieter du Toit van die oefengroep Turbo Snails met afrigter Frans van der Berg, is deel van die 20 fietsryers wat deur die Afrika fietsry organisasie gekies is. Die skitterende aspek hiervan is dat hierdie twee fietsryers van Hoër Volkskool Potchefstroom deel is van slegs vier Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die span. Hierdie span gaan vir twee weke aan ‘n oefenkamp in Windhoek deelneem, waar dié twee Volkies deur afrigters van onder meer Switserland gehelp gaan word. Die kamp is die voorloper vir die Afrika Kampioenskappe wat vanaf 2 April in Lesotho gaan plaasvind.

Louw en Du Toit ry albei vir die Kargo Fietsryspan en gaan verder naam wil maak na ‘n uitstekende begin van 2016 met pragtige vertonings in die SA Cup Bergfietsreeks, waar hulle die weg na hierdie geleentheid geneem het.

“’Om te kwalifiseer moet jy aan die SA Cups-toernooie deelneem wat oral in Suid-Afrika aangebied word. Hierdeur verower ‘n mens punte op SA- sowel as internasionale vlak. Ek glo ons punte was genoeg om die span te haal,” sê Louw.

“Ek was in Kaapstad besig om te oefen vir die volgende dag se groot wedren toe die organiseerders van die SA Cup toernooie my inlig dat ek gekies is saam met Pieter du Toit van Volkskool en Frances du Toit en Reinhard Zelhuber van KwaZulu-Natal. Dit was vir my eers onwerklik en het so ‘n week gevat om dit te verwerk,” vertel Louw verder.

Hierdie ervaring sal net goed wees vir hierdie twee fietsryers en hulle glo dat dit ‘n stap in die regte rigting is na al hulle harde werk en passie vir die sport.

“Ek en Pieter is albei goed voorberei en sien daarna uit om hierdie uitdaging aan te pak. Ek glo ons gaan ook baie goed vaar in die twee kompetisies waaraan ons daar gaan deelneem,” noem Louw. “Ons wil ook vir ons afrigter Frans van de Berg bedank en glo ons sal hom trots maak. Sonder hom sou niks moontlik wees nie,” meen Louw en Du Toit.

Pieter du Toit
Kristen “Nooi” Louw
Exit mobile version