SportSport

Deysel terug vir Pukke

Goeie nuus is dat die haastige Namibiese senter, Johan Deysel, terug in die Pukspan is vir die Varsitybeker na ‘n leenperiode by die Sharks. Deysel het groot indruk gemaak in Durban en het boonop onlangs die toekenning vir SA Rugby se drie van die jaar verower. Daardie drie wat hy teen die Shimlas in verlede …

Goeie nuus is dat die haastige Namibiese senter, Johan Deysel, terug in die Pukspan is vir die Varsitybeker na ‘n leenperiode by die Sharks.
Deysel het groot indruk gemaak in Durban en het boonop onlangs die toekenning vir SA Rugby se drie van die jaar verower. Daardie drie wat hy teen die Shimlas in verlede jaar se finaal gedruk het, was ‘n skouspelagtige individuele drie wat met elke kyk net weer beter word.
“Dit is fantasties om Deysel terug te hê in ons span,” sê Jonathan Mokuena, NWU Pukke se hoofafrigter.
Mokuena en Pukke sal hoop dat Deysel nog meer briljante drieë in sy versameling het, veral noudat ‘n soortgelyke lopie binne ‘n span se halfgebied nou 9 punte tel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button