SportSport

Volkies is Noordwes T20 wenners

‘n Begeesterde boulaanval en kliniese kolfwerk het vir Hoër Volkskool Potchefstroom ‘n gemaklike 8 paaltjie sege in die gesogte Coca Cola T20 Noordwesfinaal teen Hoërskool Klerksdorp gegee. Dié eindstryd het op die Witrand Krieketveld op Woensdag, 2 Maart plaasgevind. Die oorwinning het Volkies ‘n koel R33 000 tjek van Noordweskrieket se HUB, Heinrich Strydom in …

‘n Begeesterde boulaanval en kliniese kolfwerk het vir Hoër Volkskool Potchefstroom ‘n gemaklike 8 paaltjie sege in die gesogte Coca Cola T20 Noordwesfinaal teen Hoërskool Klerksdorp gegee. Dié eindstryd het op die Witrand Krieketveld op Woensdag, 2 Maart plaasgevind. Die oorwinning het Volkies ‘n koel R33 000 tjek van Noordweskrieket se HUB, Heinrich Strydom in die sak gebring.

Volkies verdien hulle die prys toe hulle vir KHS tot 88/8 in 20 boulbeurte op Witrand Krieketveld beperk het. Dit was ‘n uitstekende prestasie om die grondslag vir hulle kolfwerk te lê. Jacques Bouwer het twee agtereenvolgende paaltjies in die derde boulbeurt geneem om van die twee Van der Wal broers, Albert en Franco, ontslae te raak.

Die het die ondergang aan die gang gesit met André Taljaard (3-0-16-2), Cobus Crowther (4-0-7-1) en Jannie Claassens (3-0-16-2) wat uitstekend geboul het. KHS kon net glad nie op dreef kom nie met slegs SJ Taljaard (21) wat enige iets goed kon vermag.

Volkies het goed begin met Ruan von Abo 28 (23) en die speler van die wedstryd Vincent Viljoen wat ‘n goeie lopietempo in ‘n 63 lopie vennootskap gehandhaaf het. Viljoen se 47 (22) was absoluut puik en hy het risikovrye krieket gespeel om sy span oor die lyn te dra. Sy dryfhoue was iets om te aanskou met die lieflike klank van hout teen leer wat oor die veld weergalm het. ‘n Grenshou vir vier het die wedstryd toepaslik geëindig met Volkies wat op 92/2 in slegs 9 boulbeurte klaargemaak het.

Solomon Meki, Noordwes skolekrieket administrateur, was ook beïndruk met die kwaliteit krieket wat op die dag gelewer is.

“Altwee spanne het fantasties gedoen om die eindstryd te haal, maar ongelukkig kan daar net een wenner wees. Geluk Volkies julle gaan nou Noordwes se naam hooghou.”

Volkies gaan volgende teen die ander provinsiale wenners vanoor die land speel om die nasionale wenner te bepaal. Hulle volgende wedstryd is Maandag teen St. Stithians College.

Kliek hier vir foto’s van die finaal: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/10943/fotos-volkies-domineer-khs-in-t20-finaal/

 

 

Related Articles

Back to top button