SportSport

Zoli de Kock wen Ironman 70.3

’n Kombinasie van gesonde gees en vlees was aan die orde van die dag vir 27 Potchefstromers wat Oos-Londen se Ironman 70.3 wedren trotseer het.  Op Sondag 24 Januarie het hierdie groep dié uitmergelende taak aangepak. Ironman 70.3 is ’n  wêreldreeks en talle internasionale atlete vaar jaarliks Oos-Londen binne om kragte te meet. 70.3 verteenwoordig …

’n Kombinasie van gesonde gees en vlees was aan die orde van die dag vir 27 Potchefstromers wat Oos-Londen se Ironman 70.3 wedren trotseer het.  Op Sondag 24 Januarie het hierdie groep dié uitmergelende taak aangepak. Ironman 70.3 is ’n  wêreldreeks en talle internasionale atlete vaar jaarliks Oos-Londen binne om kragte te meet. 70.3 verteenwoordig die totale afstand van die kompetisie in myle.

Die IM 70.3 bestaan uit ‘n 1.9km see-swem, 90km fietsry en 21.1km hardloop. Die IM 70.3 in Oos- Londen is die tweede moeilikste IM 70.3 in die wêreld en verg behoorlike deursettingsvermoë en vasbyteienskappe om te voltooi.

Net soos in 2015 het die Potchefstromers hulle staal gewys. Die uitblinker vir Potch was Zoli de Kock met haar besondere wen in haar ouderdomskategorie en 12 algehele vrou. Zoli se swemtyd was die tweede beste in die opeafdeling (sy sou ook paar professionele dames en mans water in die oë geskop het), met ‘n tyd van 27 minute 58 sekondes oor die 1.9 kilometer, daarna het sy die 90 kilometer in 2 uur en 55 minute afgetrap en 1 uur en 51 minute aan die 21.1 kilometer gehardloop. Sy het  ‘n algehele 125ste plek uit meer as 3 000 atlete (mans en vrouens) behaal in ‘n totale tyd van 5 uur en 22 minute.

Onder die mans was Dawie Janse van Rensburg die ster met ‘n 4de ouderdomskategorie en 44ste algeheel in ‘n tyd van 4 ure en 53 minute. Hy het 36 minute geswem, 2 uur 43 minute gefiets en ’n  blitsige uur en 27 minute gehardloop. Die ander Potchefstromers wat deelgeneem het (in geen spesifieke orde) is: Mark Willemse (7:35), Arnu de Kock, (6:57), Lucy Jonker (6:41), Attie Jonker (7:43), Macel Genis (5:27), Johan Kruger (7:45), Okkie Fourie (6:13), Ferdi Huisamen (6:06), Alfred Nebe (6:38), Willie de Kock (5:44), Theresa Strydom (6:34), Werner Oosthuizen (6:48), Leon Kruger (5:59), Manansa Kruger (6:01), Cheri Oosthuizen (6:15), Jacklyn Kruger (6:20), Hennie Coetzee (5:32), Hannes Jonker (5:28), Jana Jonker (6:49), Zack van der Merwe (6:18), Sonja van der Merwe (6:46), PZ Oberholzer (6:24), Henry Relling (5:53), Francois Mienie (5:23) en Jomarie Smith (6:51).

Dié Potchefstromers is vasbeslote om hard te oefen en om in 2017 nog beter te vaar. Die volgende I.M 70.3 kompetisie vind op 19 Junie in Durban plaas.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button