SportSport

Volkies se 0.15’s maak amok teen Gimmies op die krieketveld

Volkies se o.15-Superligaspan is, net soos die eerste krieketspan, onoorwonne in die Finsburyliga. Volkies het vir Gimmies met 185 lopies kafgedraf en sodoende bewys dat hierdie span een is om mooi dop te hou. Volkies het eerste gekolf en nie n kat se kans vir Gimmies gegee nie. Volkies maak 361 vir 9 in 50 …

Volkies se o.15-Superligaspan is, net soos die eerste krieketspan, onoorwonne in die Finsburyliga. Volkies het vir Gimmies met 185 lopies kafgedraf en sodoende bewys dat hierdie span een is om mooi dop te hou. Volkies het eerste gekolf en nie n kat se kans vir Gimmies gegee nie.

Volkies maak 361 vir 9 in 50 beurte met Jannie Claassens wat geen genade vir Gimmies gehad het nie. Sy 121 lopies van net 57 balle met 10 sesse was die opstopper wat Gimmies laat wankel het.

Sy 4/49 met die bal het die teenstander finaal grond toe gestuur met Gimnasium wat 176 almal uit is.

Net Benic van Onselen (41) en Ronald Hendriks (40) kon hond haar af maak vir Gimmies met die kolf.

Volkies is tans kookwater en dit gaan iets besonders vat om hierdie span te klop vanjaar.

Related Articles

Back to top button