Van Skoolbank na Sportveld: Nooi Louw

Skool: Hoër Volkskool Potchefstroom Ouderdom:18 Sport: Bergfietsry Bynaam: My regte naam is Kristen maar almal ken my as Nooi. Hulle noem my al van kleins af so. Ons het in Barkley-Oos gebly en die klein kindertjies het my dit begin noem.  Beste prestasies: By verlede jaar se SA’s het ek derde gekom en hierdie jaar …

Skool: Hoër Volkskool Potchefstroom

Ouderdom:18

Sport: Bergfietsry

Bynaam: My regte naam is Kristen maar almal ken my as Nooi. Hulle noem my al van kleins af so. Ons het in Barkley-Oos gebly en die klein kindertjies het my dit begin noem.  Beste prestasies: By verlede jaar se SA’s het ek derde gekom en hierdie jaar het ek eerste gekom by Mankele. Ons sit baie harde werk in vir die SA’s die jaar.

Hoe het jou passie vir sport (fietsry) ontwikkel? Ek het begin ry vir oefening en bergfiets was vir my toe baie lekker.  Toe ek sien dat ek goed doen verlede jaar, inspireer dit my meer om op dieselfde vlak te bly.

Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? My ouers help my baie en ek vat maar my boeke saam soms. Skoolwerk bly steeds belangrik. Onderwysers weet as ek met ‘n briefie kom dat ek weer ‘n wedren het!

Lewenslesse wat jy uit sport geleer het: Jy moet nooit dat sukses na jou kop toe gaan nie. Bly altyd nederig.

Wat maak Potchefstroom uniek? Die universiteit en al sy fasiliteite. Dit is so mooi daar. Baie keer as ons fietsry gaan ons na die rivier of dam toe en raak ons rustig.

 Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem? ‘n Moet is my naelknipperstelletjie, tandeborsel, water, Bybel en ‘n tas vol wapens.

Vyf mense wat jy sal wil ontmoet? Angelina Jolie, Jolanda Neff, Jacob Zuma, Princess Diana en Trevor Noah

Drie dinge wat jou spesiaal laat voel? Om bederf te word met tee in die oggend, nuwe uitdagings,en enige avontuurlustige dinge

Drie dinge wat jou ongelukkig maak? Mense wat nie nederig is nie, as diere ly, en as mense nie huise het nie.

Rolmodelle? Jolanda Neff en Joyce Meyer.

Gunsteling gereg en drank? Gebraaide tjoppie met ‘n lekker stukkie vet. Water en suurlemoen. Gunsteling musiek? Rustige musiek met ‘n betekenis. Ek is nie mal oor die doef-doef musiek nie.

Gunsteling fiets? Was ’n  Scott 26er, en nou is dit my Momsen en in die toekoms ‘n Liv Giant fiets.

See of wildtuin? See

Aksie of komedie? Aksieflieks

Facebook of Instagram? Facebook

Hoe wil jy eendag onthou word? Vir my glimlag en my nederigheid.

Exit mobile version