Potch se Pierre Breitenbach wen Meesterstoernooi

Pierre Breitenbach, die 27-jarige Proteaspeler en trots van Potchefstroom Rolbalklub, is weer die rolbalmeester van SA. Die SA Ope Meesters Rolbalkroon bly vir nog ‘n jaar in Noordwes, nadat Pierre vir Gerry Baker in ‘n spannende eindstryd by verlede naweek se Meesterstoernooi in Pretoria met 21-20 geklop het. Die SA Meesters is die hoogtepunt van …

Pierre Breitenbach, die 27-jarige Proteaspeler en trots van Potchefstroom Rolbalklub, is weer die rolbalmeester van SA. Die SA Ope Meesters Rolbalkroon bly vir nog ‘n jaar in Noordwes, nadat Pierre vir Gerry Baker in ‘n spannende eindstryd by verlede naweek se Meesterstoernooi in Pretoria met 21-20 geklop het. Die SA Meesters is die hoogtepunt van rolbaltoernooie, waar die land se 16 beste spelers oor drie dae teen mekaar meeding. Verlede jaar se wenner was nog ‘n Noordwesspeler, Rudi Jacobs, van Parys. Pierre se prestasie vanjaar bewys weer eens dat die kleiner provinsies in die land ook hulle stemme kan dik maak! Hy was ook in 2015 die NW-Ope-kampioen.
Pierre het reeds as 8-jarige begin rolbal speel en op 12 jaar aan ligawedstryde deelgeneem. Hy het op die jong ouderdom van 11 reeds die provinsie verteenwoordig in die nasionale o.19 toernooi.
Sedertdien is hy ‘n gereelde lid van die SA-span, ook verlede jaar toe hulle tydens die Statebondspele in Skotland goud gewen het. Tussen 1 en 14 Maart vanjaar neem die Proteas weer in Christchurch, Nieu-Seeland, aan die Sesnasies-toernooi deel.

Vir meer navrae oor Potchefstroom Rolbalklub, kontak gerus vir Piet Breitenbach by 083 644 6181.

Exit mobile version