SportSport

Jong perdeliefhebber maak naam op nasionale vlak

Sonica Engelbrecht, graad 10-leerder aan Potchefstroom Gimnasium, het van kleinsaf ’n onverklaarbare liefde vir diere en spesifiek perde gehad. Sy het in Oktober 2011 by Clare Marcus Maloney begin en gedurende 2012 het sy ook Dresseer-afrigting by Jan van Deventer gekry. Haar kompeterende loopbaan het  in 2012 ontwaak toe sy drie SA Showing-titels by die …

Sonica Engelbrecht, graad 10-leerder aan Potchefstroom Gimnasium, het van kleinsaf ’n onverklaarbare liefde vir diere en spesifiek perde gehad.

Sy het in Oktober 2011 by Clare Marcus Maloney begin en gedurende 2012 het sy ook Dresseer-afrigting by Jan van Deventer gekry. Haar kompeterende loopbaan het  in 2012 ontwaak toe sy drie SA Showing-titels by die nasionale SA skolekampioenskappe gewen het.

In 2013 het sy met Las Vegas twee SA Dresseer-titels gewen by die nasionale skolekampioenskappe en met Apollo L twee SA Dresseer-titels tydens die SA junior kampioenskappe.

2014 was sy met Las Vegas SA Pony Rider Elementry kampioen, asook in ’n  internasionale Dresseer-kompetisie vyfde uit 52 lande. Met haar perd Apollo L het sy Junior Horse of the Year gewen, asook Junior Derby en die jaarlikse South Africa Dressage Challenge op beginnersvlak. Apollo L en Sonica is ook in 2014 aangewys as SA Junior victor ludorum en SA Junior Rider in Showing, waar hulle ook by die SA junior kampioenskappe die SA Supreme Working Horse Champion gewen het.

2015 het Apollo L twee 1ste plekke gewen tydens die nasionale SA skole- kampioenskappe. Sy het op die hoogste vlak deelgeneem wat beskikbaar was. Sonica en Umberto KWPN het by die SA Junior Kampioenskappe wat  by Kyalami Equestrain Park, Johannesburg in Desember 2015 gehou is, ’n  2de plek in die Advanced Individual Dresseer gery en was die wenner van die Advanced Freestyle Dresseer, ook die hoogste vlak wat ’n junior in die kampioenskap kon ry.

“Ek is wie ek is, om te wen of te verloor verander my nie, as jy werklik lief is vir jou sport kom jy nie agter hoe hard jy werk nie,” sê Sonica nederig.

“Ons gesin se leuse is ook dat enige skou ’n  geweldige sukses is wanneer beide die perd in sy stal en ons veilig by die huis is,” sê haar ouers Sonja en Cobus.

Related Articles

Back to top button