SportSport

Potch Ope gaan groot aksie bring hierdie Sondag

Eerskomende Sondag, 21 Februarie sal die gewilde Potch Ope Gholftoernooi weer sy opwagting maak. Hierdie jaar se toernooi word geborg deur Keyhealth Mediese skema en Brocor eiendomsagentskap. Die formaat is ‘n 36 putjies slagspel en die hope pryse beloof om ‘n gedugte veld van spelers te lok. Daar sal oudergewoonte weer ook gros- en netto-afdelings …

Eerskomende Sondag, 21 Februarie sal die gewilde Potch Ope Gholftoernooi weer sy opwagting maak.

Hierdie jaar se toernooi word geborg deur Keyhealth Mediese skema en Brocor eiendomsagentskap.

Die formaat is ‘n 36 putjies slagspel en die hope pryse beloof om ‘n gedugte veld van spelers te lok. Daar sal oudergewoonte weer ook gros- en netto-afdelings wees om spelers vanuit alle oorde die geleentheid te bied om pryse te wen.

Inskrywingsgeld beloop R380 per speler en soos in die verlede sal elke speler ook ‘n geskenk ontvang wat hierdie toernooi uniek maak in teenstelling met ander provinsiale klub ope’s. Vir die honger brigade sal koffie en toebroodjies vroegoggend reeds bedien word en ‘n halfweghuis word ook gratis aan elke speler voorsien.

Uniek aan hierdie jaar se toernooi sal Keyhealth ‘n stalletjie hê waar al die spelers sonder koste ‘n vinnige toets kan laat doen vir bloedsuiker, cholesterol en bloeddruk. Jan Greyling, voorsitter van die raad van trustees by Keyhealth Mediese Skema sê dat persoonlike gesondheid in vandag se tyd nie genoeg beklemtoon kan word nie en daarom stel hul hierdie diens op Sondag gratis aan elke speler beskikbaar.

AJ du Plessis van Brocor eiendomsagentskap wat onlangs hul deure in Potchefstroom oopgemaak het, is verheug oor die geleentheid om hul naam te kan koppel met die suksesgeoriënteerde benadering van die Potchefstroom Buiteklub en sien uit na ‘n lang en suksesvolle verhouding tussen die twee instansies.

Daar is nog beperkte plek beskikbaar en alle belangstellendes kan gerus die klubbestuurder, Maryke Benade by (018) 293 0677 met betrekking tot inskrywings kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button