SportSport

Gimmies en Volkies pak mekaar in Finsburyliga

Die tradisionele teenstanders, Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom gaan hierdie naweek weer kragte op die krieketveld meet in ‘n belangrike Finsburyliga kragmeting. Op Saterdag 20 Februarie speel die eerstespanne en o.15’s van Volkies teen Gimmies in 50 boulbeurt wedstryde. Die o.15’s speel by Volkies en die eerstespanne by Gimmies. Daar behoort groot vuurwerke tussen …

Die tradisionele teenstanders, Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom gaan hierdie naweek weer kragte op die krieketveld meet in ‘n belangrike Finsburyliga kragmeting. Op Saterdag 20 Februarie speel die eerstespanne en o.15’s van Volkies teen Gimmies in 50 boulbeurt wedstryde. Die o.15’s speel by Volkies en die eerstespanne by Gimmies.
Daar behoort groot vuurwerke tussen die grense te wees. Die bal gaan ook verseker vir ‘n paar keer oor die grens gespeel word. Volkies se eerstespan lyk hierdie jaar baie sterk met David Crowther en Martin Fourie wat uitblink. Steeds lê Volkskool se krag in hulle spanpoging met ‘n sterk kolflys en ‘n verskeidenheid boulers. Gimmies se eerstes speel ook kookwater krieket en kan spog dat hulle die vorige wedstryd in die Varsitykrieket-toernooi op Senwes Park gewen het. Gimmies het nou al twee wedstryde in ‘n ry teen Volkies gewen en sal weer so wil maak. Manne om dop te hou is die Jansen broers, Marco en Duan, sowel as die kolwer Jaco Schoeman.
Ander uitslae van die afgelope week:
* Volkskool se eerste span maak 262-7 teen Cornwall Hill College se eerstespan. Cornwall Hill teken slegs 144 almal uit aan. Volkskool wen met 118 lopies
*In die Finsburyliga klop Volkskool se eerste- en tweede spanne vir Hans Merensky oortuigend. Die eerstespan wen met 9 paaltjies volgens die Duckworth Lewis metode en die o.15’s wen met 230 lopies teen dieselfde opposisie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button