SportSport

Interhoër gaan kook!

Die jaarlikse Interhoër Atletiekbyeenkoms gaan hierdie Vrydag, 19 Februarie op die Puk-McArthur Stadion vir groot aksie sorg waar bloed, sweet en trane aan die orde van die dag gaan wees. Die room van Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Boys High, Potchefstroom Girls High en Hoërskool Lichtenburg se atlete gaan hier te siene wees. Sedert …

Die jaarlikse Interhoër Atletiekbyeenkoms gaan hierdie Vrydag, 19 Februarie op die Puk-McArthur Stadion vir groot aksie sorg waar bloed, sweet en trane aan die orde van die dag gaan wees. Die room van Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Boys High, Potchefstroom Girls High en Hoërskool Lichtenburg se atlete gaan hier te siene wees. Sedert 1970 word vir die Triomf trofee meegeding wat destyds deur die bekende rugbyman Louis Luyt geskenk is. Hy was toe die eienaar van die bekende Triomf kunsmisfabriek. In dié tydperk het Volkies hom 13 keer, Lichtenburg twee keer en Gimmies hom 29 keer gewen. In 1989 het Lichtenburg en Gimmies hom gedeel. Gimmies se heerskappy begin in 1991 waar hulle hom 14 keer in ‘n ry wen. Volkies wen hom in 2005. Vanaf 2006 wen Gimmies die trofee weer nege keer agtereenvolgens. ‘n Trotse rekord van 23 uit 24.

Gimmies kan vanjaar weer sy merk maak met uiters talentvolle juniors. Die aanslag sal gelei word deur Waldo Smit(o.17) in die spiesgooi-item wat ‘n splinternuwe Gauteng rekord behaal het tydens Noordheuwel se top 15 byeenkoms by die UJ-stadion van 72.46m. Jana Steinmann(o.17) het ook in die gewigstoot ‘n pragtige 1 092 Absa punte bymekaar gemaak. Gimmies se juniors behaal hier 10 prestasies bo 900 en nege prestasies bo 800 punte op bogenoemde tabel. Tydens hierdie byeenkoms, het Gimmies verder ‘n uitmuntende medaljeoes gehad waar vyf goue, agt silwer- en vier bronsmedaljes verower is.

Juniors wat gerus dopgehou kan word is Leasha Lourens, Daniella Cronje,Lumka Gebengana, Jonette Labuschagne, Mizelle Muller, Miandi van Staden, Suneel Lourens, Rizane van Rooyen en Donevan du Toit. By die seniors gaan Chané Steyn, Sunique Becker, Christoff Muller, Maritz Pieters, Joné Kruger en Roubert Rousseau almal deur voorbeeld lei.

Gimmies se aflosse was nog altyd hulle trots. Hulle wys dit ook tydens ‘n aflosbyeenkoms in Pretoria twee weke gelede deur as wenners uit die stryd te tree en agt uit 10 te wen.

Hulle atletiekorganiseerder sedert 1991, mnr. Arnold van der Merwe is versigtig optimisties.

”Daar sal weer vanjaar oomblikke wees waar afrigters hulle harte sal vashou! Met groot oomblikke, met baie trotse harte en erge teleurstellings. Gimmies is egter adrenalienvrate. Hoe meer die druk, hoe beter presteer die Gimmies!,” sê hy.

Aan die ander kant van die spektrum sal Volkies ook kan staatmaak op fantasiese atlete in hulle geledere, soos Robert de Villiers in die 400- en 800 meter, sowel as Marionique Wentzel in die hoogsping item en Jandré Olivier in die hekkies. Daar word ook groot dinge van Larissa Gouws en Lukie Pieters in die gewigstoot verwag.

Potchefstroom Boys High se grootste aanslag sal op die baan wees met hulle blitsige naellopers en kranige langafstandatlete. Nathan Hufkie sal in die 0.15 1 500 meter dopgehou moet wat ‘n goeie kans vir ‘n podiumposisie staan. Paballo Maimane is PBH se trots tot dusver die seisoen met klomp goeie medaljes tydens byeenkomste in die 110 en 400 meter hekkies. Hy sal ook ‘n gunsteling in 0.17 200 meter item wees. Die blitsige Phetego Sebonego is nog ‘n groot goue hoop in die 100 en 200 meter wedloop vir o.19 seuns.

Die byeenkoms begin om 07:00 met ‘n verwelkoming. Die eerste items sal om 08:15 begin.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button