Volkies presteer op baan en veld

Hoër Volkskool Potchefstroom het op Vrydag 5 Februarie ‘n Prestige Atletiekbyeenkoms by die Puk McArthur-stadiin aangebied waar daar verskeie skole soos Hoërskool Wesvalia, Hoërskool Brits, Hoërskool Marais Viljoen, Hoërskool Driehoek en Potchefstroom Boys High betrokke was. Op die veld het Jurie Heyns ‘n goeie dag met die werpskyf gehad en goud gevat in die seuns …

Hoër Volkskool Potchefstroom het op Vrydag 5 Februarie ‘n Prestige Atletiekbyeenkoms by die Puk McArthur-stadiin aangebied waar daar verskeie skole soos Hoërskool Wesvalia, Hoërskool Brits, Hoërskool Marais Viljoen, Hoërskool Driehoek en Potchefstroom Boys High betrokke was.

Op die veld het Jurie Heyns ‘n goeie dag met die werpskyf gehad en goud gevat in die seuns o.19 werpskyf, met ‘n afstand van 49.02 meter.

Larissa Gouws en Melindi Delport het ook vir Volkies in die dogters o.19 gewigstoot uitgestaan met tweede en derde plekke. In die o.19 diskus het Gouws eerste- en Delport tweede plekke behaal.

Oudergewoonte het Marionique Wentzel in die hoogspring gedomineer en ‘n eerste plek in die dogters o.16 geneem met ‘n 1.65 meter sprong.

Op die baan was Robert de Villiers te goed vir sy kompetisie en met ‘n tyd van 1:59.52 was hy gemaklik eerste in die seuns o.16 800 meter.

Boys High se Paballo Maimane was eerste oor die wenstreep in die seuns o.17 100 meter, met ‘n blitsige 11.30.

Volkies se Victor Vlok en Eduan Ritchie was ook kop-aan-kop in die 400 meter naelloop vir seuns o.19, met Vlok wat eerste oor die eindstreep is.

Kyk die foto’s van die byeenkoms hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/9234/prestigeatletiek-uit-die-boonste-rakke/

 

Exit mobile version