SportSport

Bergfietsryers presteer by eerste SA Cup resies

Drie ryers van die Turbo Snails oefengroep, onder leiding van Frans van der Berg, het podiumplekke tydens die eerste rondte van die SA MTB XCO Cup behaal. Pieter du Toit, Kristen Louw (albei Volkies) en Brendan van Eeden (Gimmies) het uitstekend presteer by Mankele naby Sabie op Saterdag 30 Januarie. Pieter het die XCO (Cross …

Drie ryers van die Turbo Snails oefengroep, onder leiding van Frans van der Berg, het podiumplekke tydens die eerste rondte van die SA MTB XCO Cup behaal. Pieter du Toit, Kristen Louw (albei Volkies) en Brendan van Eeden (Gimmies) het uitstekend presteer by Mankele naby Sabie op Saterdag 30 Januarie.

Pieter het die XCO (Cross Country) vir Junior Mans in die tweede plek met ‘n tyd van 1.16.30 voltooi.

Kristen het ‘n eerste plek in die Junior Dames-afdeling behaal met ‘n spoggerige tyd van 01.01.42 in vier rondtes. Sy staan ‘n goeie kans om te kwalifiseer vir die Africa Cup.

12654356_10205757544322644_3434348374588608800_n
Pieter Du Toit.

Brendan het ‘n eerste plek in die jeugafdeling gekry met ‘n tyd van 1.09.09 in vyf rondes om ‘n wonderlike naweek vir Potchefstroom en Noordwes se jong fietsryers af te rond. Sy sussie, Joné het ook waagmoed getoon in haar eerste wedren as sub-junior.

Brandon van der Berg van Kargo Pro Team was nog ‘n sterk aanspraakmaker vir die top drie, maar moes met die 18de plek tevrede wees nadat hy meganiese probleme padlangs opgetel het. Brandon het die wedren in 1.23.50 voltooi.

Danielle Strydom (Gimmies) het ook ver voorgeloop maar het ongelukkig ’n tegniese probleem in die derde ronde ondervind.

Brendan van Eeden (middel) het eerste in die jeugafdeling gekom.
Brendan van Eeden (middel) het eerste in die jeugafdeling gekom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button