SportSport

Noordwes Krieket moet nou vasbyt

Noordwes is nou in die pylvak van die Sunfoil 3 dag-reeks wat na ‘n twee weke reses weer van Donderdag af hervat. Noordelikes loop tans voor na nege wedstryde en het 96.90 ligapunte. Westelike Provinsie is tweede na agt wedstryde (91.98), met Noordwes na agt wedstryde op 85.70. Noordelikes se laaste wedstryd is in Kimberley …

Noordwes is nou in die pylvak van die Sunfoil 3 dag-reeks wat na ‘n twee weke reses weer van Donderdag af hervat. Noordelikes loop tans voor na nege wedstryde en het 96.90 ligapunte. Westelike Provinsie is tweede na agt wedstryde (91.98), met Noordwes na agt wedstryde op 85.70.

Noordelikes se laaste wedstryd is in Kimberley teen Noord-Kaap en Noordelikes behoort baie ligapunte te kry. WP speel tuis teen Vrystaat en weg teen OP: twee wedstryde wat enige kant toe kan gaan.

Noordwes speel van Donderdag af op Senwespark teen Vrystaat in ‘n wedstryd wat gewen moet word, anders is dit neusie verby. Die laaste wedstryd, wat ook baie ligapunte behoort in te bring, word vanaf 10 tot 12 Maart  ook op Senwespark  teen Noord-Kaap gehou.

Daar is geen halfeindstryd in die reeks nie: die wenner van Poel A speel in die eindstryd teen die wenner van Poel B. Die spanne hierbo genoem spook sake uit in Poel A. In Poel B lyk dit of Oostelike Provinsie en KZN Binneland sake gaan uitspook

*Die heuglike krieketnuus is dat gespekuleer word dat Krieket SA die aantal konsessies (franchises) van ses na agt wil opskuif en dat Noordwes met Senwespark moontlik een van die gelukkiges gaan wees. So iets sal die kroon span op die harde werk van die provinsie se krieketadministrateurs en personeel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button