Ritmiese gimnas bewys haar talent

Die jong plaaslike ritmiese gimnas, Marlize Venter, het haar talent verlede jaar  ten volle bewys met ’n paar uitmuntende vertonings op nasionale vlak. Om te begin het Marlize by die Noordwes Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in September verlede jaar vir al vier haar danse goud ontvang en ook die algehele goue medalje verwerf. Hierdie goeie prestasies het …

Die jong plaaslike ritmiese gimnas, Marlize Venter, het haar talent verlede jaar  ten volle bewys met ’n paar uitmuntende vertonings op nasionale vlak.

Om te begin het Marlize by die Noordwes Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in September verlede jaar vir al vier haar danse goud ontvang en ook die algehele goue medalje verwerf. Hierdie goeie prestasies het sy later by die 2015 SA Gym Games, wat vanaf 6 tot 10 Oktober by Wits in Johannesburg gehou is, ook gehandhaaf toe sy een goue- en drie silwermedaljes vir haar dansroetines verwerf het.

Marlize is beslis ’n talent om hierdie jaar dop te hou.

Exit mobile version