SportSport

Volkies gaan volstoom Voort

Hou maar gerus ’n ogie oor Volkskool se o.15 span vanjaar met Jannie Claassens en Van Zyl Smit in die span. Hul het elkeen met honderdtalle vir Hans Moore uit die veld geslaan in ’n 290 lopie oorwinning in die gesogte Finsburyliga. Volkies het op hulle tuisveld die loot verloor en is ingestuur om te …

Hou maar gerus ’n ogie oor Volkskool se o.15 span vanjaar met Jannie Claassens en Van Zyl Smit in die span.

Hul het elkeen met honderdtalle vir Hans Moore uit die veld geslaan in ’n 290 lopie oorwinning in die gesogte Finsburyliga. Volkies het op hulle tuisveld die loot verloor en is ingestuur om te kolf, maar die besluit was uiters onwys, want Volkies het 410/8 aangeteken – ’n massiewe poging om die minste te sê.

Hans Moore het hulle kop in skaamte laat sak met hulle span wat slegs 120 lopies kon versamel. Stephan Jansen was Volkies se uitblinker met skitterende syfers van 9.2-2-31-7.

Die Eerstespan was ook in aksie ’n paar kilometer verder op Witrand se krieketvelde teen Hans Moore se Eerstes. Hierdie wedstryd was darem nie so eensydig nie met Volkies wat ’n 55 lopie oorwinning behaal het. Dawid Crowther met 70 en sy broer Cobus met 58 het die pas aangegee vir ’n groottotaal van 272. WL Fourie het ook met 59 bygedra maar sy beste vir laaste gelos met 5/30 in sy boulbeurt wat Hans Moore pap gemaak het. Die besoekers kon net 218 aanteken.

Interessant genoeg is die Crowther’s nie die enigste broers in die span nie. WL en Martin Fourie is die ander bloedbroers in dié gevaarlike span.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button