Sport

Munisipale werker beledig inwoner

Die toesighouer van ’n groep munisipale werkers het ’n inwoner beledig toe hy navraag gedoen het oor waarom die werkers in ’n park sit en niksdoen nie.

Die toesighouer van ’n groep munisipale werkers het ’n inwoner beledig toe hy navraag gedoen het oor waarom die werkers in ’n park sit en niksdoen nie.
Volgens mnr. Kappie van Wyk het hy die werkers gewaar waar hulle al ’n geruime tyd onder ’n boom sit.
Hy het hulle genader om te vra wat hulle eintlik moet doen, waarna hulle hom begin uitjou en beledig het. Die werkers se toesighouer het Van Wyk ook beledig. Toe hy hom vra wat sy naam is, het hy omgedraai en sy agterent vir Van Wyk gewys.
Volgens mnr. Chris Landsberg, wyksraadslid, is die werkers deel van die sogenaamde EPWP (Extended Public Works Programme).
“Daar is so baie dinge wat verkeerd is in die Tlokwe munisipaliteit. EPWP is maar een daarvan. Dit is inderdaad ’n mors van geld. Hierdie werkers moet dissiplinêr verhoor word. Ek kan egter niks meer doen as om die hoof van die department en die politieke hoof te versoek om op te tree nie,” het Landsberg gesê.

Die werkers wat na bewering vir Van Wyk beledig het.
Die werkers wat na bewering vir Van Wyk beledig het.

Hy sê hy het die inligting aan die betrokke amptenare gestuur en optrede versoek.
Intussen het Van Wyk ook ’n brief aan die stadsraad gestuur waarin hy kla oor waterlekke in die gebied waar die werkers onder die boom gesit het. Die lekke is in Strydom-, Republiek- en Rocherstraat.Volgens Van Wyk het werkers al ses keer die waterlek in Strydomstraat kom herstel.
“Dit gebeur dat daar tot vier keer na die herstel van die waterlek mense teruggestuur word om dit weer te kom herstel,” het Van Wyk in die brief gesê.
Volgens Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, is die lekke in die gebiede nie deel van die verspreiding hoofleiding nie, maar op die individuele waterverbindings na die verbruikers.
“Die departement van infrastruktuur het ‘n agterstand op navrae met betrekking tot waterlekke. Die stadsraad doen egter sy bes en werk voortdurend om die probleem op te los. Dit is ‘n feit dat die plaaslike infrastruktuur verouderd is. Die stadsraad konsentreer eers op die grootmaat waterverspreidingsnetwerk, die watersuiweringsaanleg en die water- reservoirs.
Fase twee van die program sal die opgradering van die interne netwerkstelsels in die Groter Potchefstroom wees,” het Tshite in ’n verklaring gesê. Oor die munisipale werkers het die stadsraad nie kommentaar gelewer nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button