SportSport

Maak jou veters vas – Great Brick Run gaan ‘n unieke ervaring wees

Die Potch Dorp Rugbyklub se velde langs Olënpark gaan vir ‘n slag nie met rugbyspelers gevul word nie, maar eerder met drawwers en atlete vir die Berts Bricks se Great Brick Run wat op 23 Januarie plaasvind. Verskeie pryse sal op die spel wees vir die deelnemers, met veral unieke pryse en gelukkige trekkings wat …

Die Potch Dorp Rugbyklub se velde langs Olënpark gaan vir ‘n slag nie met rugbyspelers gevul word nie, maar eerder met drawwers en atlete vir die Berts Bricks se Great Brick Run wat op 23 Januarie plaasvind.

Verskeie pryse sal op die spel wees vir die deelnemers, met veral unieke pryse en gelukkige trekkings wat hierdie wedloop beslis ‘n tikkie kleur sal gee. Die eerste 100 deelnemers wat die 21.1 kilometer wedloop voltooi, sal elkeen ses biere ontvang vir hulle goeie vertoning. Kontantpryse vir kategoriewenners sal ook ingesluit word.  Daar sal drie verskillende afstande wees wat vir ervare sowel as beginners hul eie uitdagings bied. Afstande sal 21.1, 10 en 5 kilometer insluit.

Inskrywings word ontvang vanaf 05:00 by die beginpunt.

Inskrywingsfooie:

21.1km = R80 / 10km = R60 / 5km = R30

Tydelike lisensie is R30

Begintye:

06:00 – 21.1 kilometer

06:30 – 21.1 en 10 kilometer

06:40 – 5 kilometer pretdraf

Vir navrae kontak Stephan van der Merwe by 082 335 0578.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button