SportSport

Drake moet Noordelikes klop in Sunfoil Reeks

Noordwes se wegwedstryd wat vandag (Donderdag) teen Noordelikes in Pretoria begin, is ‘n uiters belangrike stryd. Noordwes is nog eerste in Poel A van die Sunfoil 3 dag-reeks maar die voorsprong het na net meer as drie punte gekrimp. (Noordwes 63.62, WP 60.34 en Noordelikes 59.12) Om bo-aan die punteleer te bly is noodsaaklik om …

Noordwes se wegwedstryd wat vandag (Donderdag) teen Noordelikes in Pretoria begin, is ‘n uiters belangrike stryd. Noordwes is nog eerste in Poel A van die Sunfoil 3 dag-reeks maar die voorsprong het na net meer as drie punte gekrimp. (Noordwes 63.62, WP 60.34 en Noordelikes 59.12)

Om bo-aan die punteleer te bly is noodsaaklik om in die eindstryd te speel. Daar is geen halfeindstryde nie: die wenner van Poel A speel teen die wenner van Poel B in die eindstryd.

Noordwes moet wen en die volgende wedstryd sal net so taai wees. Dit word van 7 tot 9 Januarie op Senwespark  teen die Westelike Provinsie gehou.

Twee van Noordwes se boulers wat behoorlik rook maak in die reeks, is Dieter Klein wat reeds 23 paaltjies geneem het en twee maal 5 paaltjies in ‘n beurt geneem het, met sy beste ontleding 5/50. Brady Barends het in sy 128 boulbeurte elf paaltjies geneem teen ‘n uiters ekonomiese 2.45 lopies per boulbeurt wat hy afstaan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button