SportSport

Veteraanatleet kommer oor min finansiële bystand

Een van Potchefstroom se bekendste langafstandatlete het op 49-jarige ouderdom sy staal gewys toe hy in Fochville eerste in sy kategorie oor die wenstreep geëindig het. Nico Deerling het die Remax Straatmyl by Hoërskool Fochville in die 40 plus-kategorie gewen onder hewige teenstand van ‘n paar jonger deelnemers. “Ek is bly dat ek gewen het …

Een van Potchefstroom se bekendste langafstandatlete het op 49-jarige ouderdom sy staal gewys toe hy in Fochville eerste in sy kategorie oor die wenstreep geëindig het.

Nico Deerling het die Remax Straatmyl by Hoërskool Fochville in die 40 plus-kategorie gewen onder hewige teenstand van ‘n paar jonger deelnemers.

“Ek is bly dat ek gewen het en dit is vir my ‘n groot prestasie, nogtans voel ek dat ek al die moeite doen om in te skryf en te hardloop en dan nie veel geldelike bystand kry nie,” het Deerling gesê.

Deerling lig ‘n belangrike punt uit en dit is dat atlete deesdae meer moet betaal vir inskrywingsgeld en dan aan die einde van die dag skaars genoeg geld kry om in hul geliefde sport te vorder.

“Ons moet kompeteer met die jong ouens. Min wedlope het verskillende kategorieë. Ek voel ook daar word bitter min gedoen om ontwikkeling in die sport te help in ons provinsie.”

Deerling is self nou in ‘n moeilike posisie, aangesien hy nie ‘n motor het om na atletiekbyeenkomste te ry nie en soms moet ryloop as hy wil kompeteer teen die bestes by groot wedlope.

“Ek is op soek na borge, anders kan ek nie my titels soos die Magersfonteinwedloop wat ek laasjaar gewen het, verdedig nie. Ons kort beter vergoeding in ons sport,” meen hy.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button