SportSport

Hat-trick of the Week (26 November)

1. Luiperds gaan nou saam Haaie swem Daar is vroeër verlede week by die Luiperds Rugbyunie se jaarvergadering afgekondig dat die Luiperds en die Sharks ‘n ooreenkoms geteken het met die oog op veral jong talent. In albei rugbykampe is daar ‘n goeie ontwikkelingstelsel met die Sharks se akademie en die Pukke se Rugbyinstituut wat …

1. Luiperds gaan nou saam Haaie swem
Daar is vroeër verlede week by die Luiperds Rugbyunie se jaarvergadering afgekondig dat die Luiperds en die Sharks ‘n ooreenkoms geteken het met die oog op veral jong talent. In albei rugbykampe is daar ‘n goeie ontwikkelingstelsel met die Sharks se akademie en die Pukke se Rugbyinstituut wat jaarliks belowende spelers oplewer.
Die Luiperds se woelwater heelagter, Rhyno Smith sowel as Johan Deysel, is reeds in Durban waar hulle by die akademie oefen.
‘n Groot aanwins sal die jong Sharks spelers wees wat moontlik volgende jaar deel van Pukke se Varsitybeker-planne sal wees.
Hierdie ooreenkoms sal beslis ‘n aanwins vir die Puk, die Luiperds sowel as die Sharks wees en gee vir Luiperds spelers die geleentheid om aan Superrugby blootgestel te word.
Lees meer op bl. 48 in hierdie week se Herald.
2. Cosmos find their attacking asset
In Cosmos’previous 10 matches, they scored a paltry four goals and it seemed easier to miss than to hit the goal. That was until this past Sunday when they doubled their premiership tally with four brilliantly taken first half goals. The star of the match was the Zimbabwean striker, Charlton Mashumba who was a menace from the outset. He scored the opening goals with a cool finish and then never looked back to take the man of the match award. He is Cosmos’s main asset and his form will go a long way to deciding Ezenkosi’s fate this season.
3. Talent sonder geld is ‘n opdraende pad
Ek het onlangs die storie gehoor van ‘n jong atleet uit Ikageng wat kilometers gestap het om aan ‘n wedloop by Potchefstroom Gimnasium se sportgronde deel te neem. Dié atleet het uitstekend gevaar en is na die wedloop weer terug huis toe – sonder enige werklike hulp of bystand. Daar is geen twyfel dat daar talle atlete is wat die talent het, maar nie die geld het om hardloopskoene of klere aan te skaf nie. Hulle verdwyn later uit die sisteem as gevolg van ’n gebrek aan fondse en persoonlike belangstelling.
Diegene wie se ouers geld het kan die beste afrigting bekostig om die talent aan te skerp. Ek glo wel dat as almal bystand kry, ons atletiek op alle vlakke sal verbeter. Dit is tyd dat meer bystand aan hierdie sportkode gegun word, soos wat met rugby, krieket en sokker gedoen word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button