Besige paar weke by die Buiteklub

Hier is die uitslae van die afgelope twee weke se kompetisies: *Op Woensdag 11 November het die klub ‘n Medal-kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e – Simon Pretorius met 66 nett 2e – Chris Cronje met 66 nett 3e – Spuite Erasmus met 69 nett *Op Donderdag 12 November het Discovery hulle gholfdag by die …

Hier is die uitslae van die afgelope twee weke se kompetisies:
*Op Woensdag 11 November het die klub ‘n Medal-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Simon Pretorius met 66 nett
2e – Chris Cronje met 66 nett
3e – Spuite Erasmus met 69 nett
*Op Donderdag 12 November het Discovery hulle gholfdag by die Buiteklub gehou. Die formaat was ‘n Beterbal Scramble dryf.
Die wenners was:
1e – Pierre Viviers en Ronnie Golightly met 52 punte
2e – Giel Steyn en Izak Brand met 50 punte
3e – TJ Bekker en Burt Geyser met 49 punte
*Op Vrydag 13 November het die NG Kerk Grimbeekpark hulle fondsinsamelingsdag aangebied. Die formaat was ‘n Beterbal Scramble dryf.
Die wenners was:
Johann en William Coetzee.
*Op Saterdag 14 November het Herman Smit Makelaars die Beterbal Medal-kompetisie geborg.
Die wenners was:
1e – Koos Mouton en Louw Geyser met 62 houe, 2e- Joe Wood en Christiaan Burke met 63 houe
3e – Rikus Martin Botha en Louis Botha met 63 houe
Verlede naweek is die finale van die Noordwes Beterbal Liga ook by die Buiteklub aangebied. Orkney Gholfklub het Seasons Golf Estate van Brits in die eindstryd geklop.
Op Woensdag 18 November het die klubkompetisie uitgereën. Die reën is met dank aanvaar.
Op Donderdag 19 November is die ABSA Gholfdag aangebied by die Buiteklub. Die formaat was ‘n American Scramble. Die uitslae is nie beskikbaar gestel nie.
Op Vrydag 20 November was dit die Nederduits Hervormde Kerk Suid se gholfdag. Die formaat was ‘n Beterbal Scramble dryf.
Die wenners was:
1e – Juan Combrinck en Schalk Meyer met 53 punte
2e – B. Pretorius en W.Oosthuizen met 52 punte, 3e – C. Fick en W. Geldenhuys met 51 punte. Op Saterdag 21 November was daar ‘n IPS-kompetisie, geborg deur Broken Pot.
Die wenners van die kompetisie was:
1e – Albert Britz met 41 punte
2e – Leon Snyman met 41 punte
3e – Spiros Angelides met 41 punte.
Op Sondag 22 November het die Buiteklub ‘n pare kompetisie aangebied, die Tea for Two. Die oggend is Beurtspel gespeel en die middag ‘n Beterbal. Daar is in twee afdelings meegeding, ‘n ope- sonder voorgee en ‘n voorgee-afdeling. Die ope- is gewen deur Aubrey Beckley en AJ du Plessis en in die voorgee-afdeling het Anton en Hannetjie van Rooyen met die louere weggestap.

Exit mobile version