SportSport

PukSport vereer bestes

Hy gee ‘n laaste kyk vir die gehoor van daar waar hy agter die podium by Crista Galli staan. Dit is 11 November, ‘n warm Woensdagaand. Die uitnodiging het gesê ‘baadjie en das’, maar slegs die bittereinders het gehoor gegee aan albei vereistes vir die duur van die aand. Daar is ‘n  glimlag op sy …

Hy gee ‘n laaste kyk vir die gehoor van daar waar hy agter die podium by Crista Galli staan. Dit is 11 November, ‘n warm Woensdagaand. Die uitnodiging het gesê ‘baadjie en das’, maar slegs die bittereinders het gehoor gegee aan albei vereistes vir die duur van die aand. Daar is ‘n  glimlag op sy gesig. Sy oë trots, hartseer, moeg, bly. Soos hy van die verhoog afstap, staan die gehoor een vir een op, ‘n enkele handeklap bou na  ‘n crescendo wat deur die onthaalsaal eggo.

Dit was sy laaste toespraak as rektor van die Potchefstroomkampus by ‘n NWU-Puksport-jaareindfunksie. Dit is sy verjaarsdag, hy is 49 jaar oud en die afgelope paar jaar dubbel so wys. Prof. Herman van Schalkwyk groet en NWU-Puksport en met wat ‘n  lys prestasies groet hulle hom nie?

Die uitstaande tienkampatleet, Willem Coertzen, is as Sportman van die Jaar aangewys met die hokkiester, Celia Evans, en die immergewilde Caster Semenya wat albei met die louere as Sportvrou van die Jaar weggestap het. Spiesgooier Leon Laubser en hoogspringer Julia du Plessis is onderskeidelik die Junior Sportman- en Vrou van 2015.

Wat die koshuisliga betref, is Patria (mans) en Vergeet-My-Nie (vroue) as oorkoepelende kampioene gekroon. Ander noemenswaardige wenners het prof. Herman van Schalkwyk (lojale ondersteuning), Theo Cloete (voortreflike diens), prof. Rikus Fick (lojale ondersteuning) en Bobo van der Westhuizen (lojale ondersteuning) ingesluit.

Afrigter Johan van Tonder is vir sy voortreflike diens vir karate beloon. Dié man en sy span het vir meer as ’n   dekade nou al ‘n wurggreep op karate in die land en daar is geen aanduidings dat dit in die nabye toekoms gaan verander nie. Die NWU-Puk se atletiekbestuurder, Terseus Liebenberg, was verheug toe hy geroep is vir sy bydrae tot die atletiekspan wat gesamentlike Varsity Atletiekwenners was en dieselfde het vir Dorette Badenhorst gegeld wat haar span tot Varsity Netbalroem gebrei het.“Vir Dorette en haar span wil ek my hoed afhaal. Op ’n tyd toe die Universiteit dit broodnodig gehad het, het hierdie dames ’n glimlag op elkeen van ons se gesigte gesit deur Maties in die eindstryd in Stellenbosch te klop.

Hul ongelooflike wedstryd teen Kovsies in die halfeindronde sal ons almal ook vir lank bybly. Hulle moes met tye deur diep waters gaan, maar het saamgestaan en versinnebeeld wat dit is en wat dit verg om ‘n kampioen te wees. Geluk, geluk en nogmaals geluk,” het prof. Van Schalkwyk gesê. Hy het ook die atletiekspan, onder andere, uitgesonder: “Aan ons atletiekspan, welgedaan.

Hulle het ons die eerste keer laat proe hoe Varsity-glorie smaak deur die louere met Tukkies te deel. Tesame met Tukkies was hulle myle voor die res en dit spreek van die wonderlike werk wat ons verskeie afrigters en die bestuurspan doen.” Prof. Van Schalkwyk was ook vol lof vir die rugbyspan van Robert du Preez wat in hul tweede agtereenvolgende Varsitybeker-eindstryd gespeel het: “Om vir twee jaar in ry in die eindstryd te speel is nie te versmaai nie. Inteendeel, dit is ‘n noemenswaardige prestasie,” asook vir die krieket-, sokker- en hokkiespanne. Trofeekas wat van binne blink, lys prestasies skrik vir min en ’n lojale vriend wat gegroet was.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button