SportSport

Geen struikelblok is te groot vir dié taai atlete by Wereldkampioenskappe nie

Sy het een toonnael verloor en hy het ‘n paar skaafplekke gehad terwyl sy oogballe begin vries het. Hierdie prentjie is wel maar net alles deel die wedloop vir Suid-Afrika se top OCR (Obstacle Course Racing) atlete tydens hulle onlangse deelname aan die wêreldkampioenskappe in Cincinnati, Ohio wat vanaf 17-18 Oktober gehou is. Potchefstroom se …

Sy het een toonnael verloor en hy het ‘n paar skaafplekke gehad terwyl sy oogballe begin vries het.

Hierdie prentjie is wel maar net alles deel die wedloop vir Suid-Afrika se top OCR (Obstacle Course Racing) atlete tydens hulle onlangse deelname aan die wêreldkampioenskappe in Cincinnati, Ohio wat vanaf 17-18 Oktober gehou is.

Potchefstroom se Hanneké Dannhauser en Willem Erasmus is meer as net oefenmaats. Hulle is vriende en deel hul passie vir fiksheid en fisiese uitdagings, wat alle struikelblokke oortref. Hulle lewe vir die sport, wat se belangstelling en blootstelling onlangs soos ’n veldbrand versprei het.

Hanneké het ’n sesde plek in die Womens Elite gekry, terwyl Willem vyfde in sy kategorie (mans 30-40) geëindig het – ’n uitsonderlike prestasie wat bewys dat Suid-Afrikaners nie skrik vir enige hindernis nie. Hulle het ook in spanverband vir Suid-Afrika ‘n derde plek behaal. “Dit was ‘n ongelooflike ervaring.

Die grootste struikelblok was die erge koue wat ons ervaar het,” vertel Hanneké en Willem wat moes deelneem met die termometer wat in die minusse begin daal het. “As dit warmer was glo ek dat ek beter sou doen. Daar was hierdie keer baie heuwels en die koue het ’n groot rol gespeel. “Jy gaan vroeg reeds in yskoue water in.

Ek het gebewe terwyl ek met die wedren besig was,” sê Hanneké. “Die week voor die wedren het ons probeer om dit rustiger te vat. Toe ons met die wedren begin, was ons uitgerus. Dit is ook ’n lang vlug. So dit was belangrik om goed voorbereid te wees.”

“Ons het albei die Warrior Race in die Kaap gedoen ’n week voor die wêreldkampioenskappe. Dit was ons laaste oefensessie gewees voor die oorsese wedren,” vertel Hanneké, wat ook aan die Bear Grylls oorlewingswedren deelgeneem het vanjaar.

“Ek dink al die wedrenne wat ek voor die tyd gedoen het, het vir my daardie selfvertroue gegee vir die wêreldkampioenskappe. Dit was taai maar dit het gehelp om my ook sielkundig voor te berei. Om selfvertroue te hê,  maak die hindernisse soveel makliker,” vertel hulle. Kanada en Swede was van die groot deelnemers wat talle atlete na die kampioenskappe gestuur het.

Suid-Afrika het wel hulle staal getoon en bewys waar Dawid die wortels gegrawe het. “Ek dink ons is baie goed met die hindernisse, omdat ons groot klem daarop lê in Suid-Afrika.  Ons moet wel aan ons hardloopvaardighede werk, veral om in die berge te hardloop. Die ander is weer voor met daardie aspek,” verduidelik Willem. 10 Suid-Afrikaanse atlete het aan dié wedren deelgeneem en het hulself uitstekend teen die wêreld se bestes van hulle taak gekwyt.

“Suid-Afrikaners is hard. Ons druk deur as dit moeilik is. Jy hardloop maar jy word nie warm nie, so dit het nog ekstra energie gevat. My oogballe het begin brand van die koue. Ek moes naderhand met skrefies oë hardloop,” lag Willem.

26 lande het aan die wêreldkampioenskappe deelgeneem en dit het dit lekker gemaak om by die ander deelnemers te leer en te gesels. “Jy kan altyd iets leer van iemand anders. Dit bring mense bymekaar en dit is so interessant,” noem Hanneké.

Om te reis kos ook geld. Ons kan dit nie doen nie. Hulle het borge en kan beskostig om dit voltyds te doen,” meen Willem terwyl hy verduidelik wat Suid-Afrika van ander deelnemers oorsee onderskei. Daar is ook baie meer wedrenne oorsee, maar in ’n jaar se tyd was daar ’n 100% groei in die Warrior Race wedren in Suid-Afrika.

“Ons het ‘n 100% slaagsyfer met hindernisse. Ons vrouens stof baie manne uit,” vertel Willem. “Hy is een van die beste Obstacle Course Racers meen Hanneké, terwyl Willem ietwat beskeie lag. “Ons daag mekaar uit as ons saam oefen. Hy wen my altyd en so daag ons mekaar goed uit. Dit is baie lekker,” vertel hy.

“Ons kan nou net nog beter voorberei vir volgende jaar se wedren. Dit was ‘n absolute fantastiese ervaring,” voeg Willem by. Vir Hanneké gaan die ervaring ook dat die hindernisse op die baan in die daaglikse lewe toegepas word. “Ons kan almal ons struikelblokke en hindernisse oorkom deur die beste te wees. Dit verander ‘n mens se uitkyk op die lewe,” sê sy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button