SportSport

Volkies teen Waterkloof in 0.15 Noordvaal-finaal

Hoër Volkskool se o.15A-Superliga span het hulle staal getoon verlede Saterdag toe hulle Hoërskool Pietersburg gemaklik met 9 paaltjies in die semi-finaal van die Noordvaal-liga verslaan het. Hierdie ysters moes ’n lang pad Polokwane toe aanpak, maar dit blyk of dit net meer inspirasie gegee het vir die seuns van Potchefstroom. Nou staan die beroemde …

Hoër Volkskool se o.15A-Superliga span het hulle staal getoon verlede Saterdag toe hulle Hoërskool Pietersburg gemaklik met 9 paaltjies in die semi-finaal van die Noordvaal-liga verslaan het.

Hierdie ysters moes ’n lang pad Polokwane toe aanpak, maar dit blyk of dit net meer inspirasie gegee het vir die seuns van Potchefstroom.

Nou staan die beroemde sportseuns van Hoërskool Waterkloof in hulle pad na die trofee wanneer die twee krieketkragte mekaar op Senwespark in die finaal hierdie Saterdag takel. Dit behoort ’n yslike stryd te wees, veral as daar gekyk word na hoe maklik Volkskool in die halfeindstryd met Pietersburg klaargespeel het.

Volkskool het in die halfeindstryd eerste geboul en Pietersburg vir ’n skamele 114 uitgeboul. Kaptein Robert de Villiers en sy boulmaat, Jannie Claassens het albei ekonomies geboul met Claassens wat 3/20 ingeoes het. Waldu Kotze, Andre Taljaard en Jaco Viljoen het ook paaltjies tussen hulle gedeel om ’n briljante spanvertoning af te rond.

Pietersburg kon net glad nie aan die gang kom nie, met Ivan Reyneke wat Pietersburg se hoogste lopiemaker met 18 was. In Volkies se beurt het Robert de Villiers vroeg vir 16 geval, maar Martin Fourie (43) en Van Zyl Smit (35) het die knoop deurgehaak met ’n 90 lopie vennootskap.

Volkies het goed met hulle kop gespeel en die lopies een vir een bymekaargemaak met die wete dat hulle meer as genoeg balle gehad het. Die volwassenheid van die spelers en die spangees is iets wat Volkies nog ver gaan bring.

Hoe ver, sal krieketgeesdriftiges in die finaal moet uitvind hierdie Saterdag.

* Volkies se o.15B-span het in die Superligafinaal vir Schoonspruit met 184 lopies geklop om as Noordweswenners uit die stryd te tree. Volkies was 246 almal uit met Timothy Malan wat met 64 gespog het. Vian Vorster se venynige boulwerk met 6/21 het gesorg dat Schoonspruit vir 65 uitgeboul is. Dit was ’n briljante vertoning wat Volkies se sterkte uitwys.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button