Rolbalseisoen is goed op dreef

Die eerste balle is gerol in die nuwe Noordwes Rolbalseisoen met die kwalifiserende rondes van die pare-kompetise wat verlede naweek oral in die provinsie plaasgevind het. Na afhandeling van die uitspele, het feitlik al die top spelers in die provinsie na Saterdag en Sondag se halfeind- en eindrondes deurgedring. Die wedstryde vind by die Potchefstroom …

Die eerste balle is gerol in die nuwe Noordwes Rolbalseisoen met die kwalifiserende rondes van die pare-kompetise wat verlede naweek oral in die provinsie plaasgevind het.

Na afhandeling van die uitspele, het feitlik al die top spelers in die provinsie na Saterdag en Sondag se halfeind- en eindrondes deurgedring. Die wedstryde vind by die Potchefstroom Rolbalklub plaas.

Die stad se mans-aanslag sal sekerlik gelei word deur die pa-en-seun kombinasie van Piet en Pierre Breitenbach van die gasheerklub. Dieselfde klub se Pikkie Abbott en SP Botha sal ook aanspraakmakers wees.

Die twee spanne kan sterk teenstand verwag van Parys se Rudi Jacobs en Henk Prinsloo, terwyl Klerksdorp se Josh Radebe en Tinis Crous beslis ook wenplanne het.

Die Potchefstroom Buiteklub se Jabu Nkosi en Meshak Khali kan dalk vir die verrassing sorg.Dieselfde klub se twee vroue spanne, Cathy Stewart en Helen Koekemoer en Jackie Scheepers en Sannie Ahlers, is vasbeslote om die titel vir die klub te wen. Hulle kan sterk teenstand verwag van Klerksdorp se Jillian Booth en Rhoda Kallis

Die rugby is nou verby: gaan maak gerus ‘n draai by die Potchefstroom Rolbalklub so skuins agter Olënpark en kom deel in die opwinding van hierdie steeds groeiende spel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version