SportSport

Leeus wil wraak teen Streeptruie neem

Die belangrikste wedstryd in die Curriebeker vind Saterdag plaas wanneer die WP die Leeus op Ellispark takel. Die WP het laasweek ’n verrassende wen oor die Bulle op Loftus behaal en die Leeus het in ’n moeilike wedstryd net-net die Cheetahs geklop. Hierdie wedstryde maak nie meer saak nie, wat gebeur het is geskiedenis. Nou …

Die belangrikste wedstryd in die Curriebeker vind Saterdag plaas wanneer die WP die Leeus op Ellispark takel.

Die WP het laasweek ’n verrassende wen oor die Bulle op Loftus behaal en die Leeus het in ’n moeilike wedstryd net-net die Cheetahs geklop. Hierdie wedstryde maak nie meer saak nie, wat gebeur het is geskiedenis. Nou is dit net die volgende 80 minute wat saak maak.

Die Leeus gaan wil wraak neem nadat hulle verlede jaar in die finaal teen die einste WP met 19-16 geswoeg het. Dit het WP hulle 33ste Curriebekertitel besorg en sodoende as die konings van dié kompetisie bevestig.

Die Leeus het maar 10 titels in die geskiedenis behaal. Tog lyk dit of die bordjies verhang gaan word met die Leeus wat hierdie seisoen nog onoorwonne is.

“My maat, die Leeus is honger en hulle gaan die beker vat,” het ek ‘n Leeus ondersteuner die week hoor praat. Dit mag so wees, maar WP het bewys dat hulle moeilik in ‘n finaal geklop word. In die afgelope drie eindstryde het hulle twee keer die beker gelig. Een tuis en een weg van Nuweland af. Die Leeus het laas in 2011 Curriebekersukses geproe en in 1950 laas vir die WP in ‘n Curriebekereindstryd geklop. Die WP het ook in 1986 vir die destydse Transvaal in die finaal gewys wie baas is.

Die geskiedenisboeke wys na ‘n WP wen, maar ons weet dat rugby nie in die verlede gespeel word nie,  anders sou ons met heimwee na Kobus Wiese of Breyten Paulse se Curriebekervertonings gekyk het. Nou is daar die generasie wat uit die Leeus se Jaco Kriel, Howard Mnisi, Ruan Combrinck en Kwagga Smith bestaan. WP dra ook by met talent soos Cheslin Kolbe, Steven Kitshoff en Robert du Preez.

Ons voorspellers is verdeeld na die skommelinge wat in die halfeindstryde gebeur het. Ses uit tien voorspellers, soos Glasfit en Wohnen reken op die Leeus. Die ander sê: “Province, die Curriebeker kom weer!”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button