Cheetahs behaal wegholoorwinnings teen jong Luiperds

Die Luiperds se o.19- en o.21 spanne het verlede naweek ‘n rugbyles geleer toe hulle op Olën Park moes toekyk hoe die twee begeesterde Cheetah-spanne weghol-oorwinnings behaal het. Die o.19’s het met groot selfvertroue die wedstryd aangepak, nadat hulle verlede naweek die Blou Bulle op Loftus Versveld geklop het. Die meeste rugbykenners sou gereken het …

Die Luiperds se o.19- en o.21 spanne het verlede naweek ‘n rugbyles geleer toe hulle op Olën Park moes toekyk hoe die twee begeesterde Cheetah-spanne weghol-oorwinnings behaal het.

Die o.19’s het met groot selfvertroue die wedstryd aangepak, nadat hulle verlede naweek die Blou Bulle op Loftus Versveld geklop het. Die meeste rugbykenners sou gereken het dat die o.19’s, veral met tuisvoordeel, die vinniger kat op die veld sou wees.

Die Luiperds se wedstrydplan is wel in die eerste twintig minute geknou toe losskakel, Siyabonga Masuku, die veld weens ‘n armbesering moes verlaat.

Die tuisspan het wel hulle oomblikke gehad en kon vier driëe druk om ten minste ‘n bonuspunt vir hulle moeite te kry. Eon Buhrmann, MIlani Lubelwana, Zweli Silaule en Francois Stemmet het vir die Luiperds gedruk. Vir die Vrystaat het Ruan Wasserman, DeWet Bezuidenhout en Charl Pretorius elkeen ‘n dubbelkuns agter die pale behaal met Alex Jonker wat met die sewende drie die hemelse vertoning afgerond het.

Die Luiperds se o.21’s was nog verder in die slag toe hulle moes bontstaan met die vlugvoetige Cheetahs wat agt drieë in ‘n 55-7 oorwinning behaal het. Die voormalige Hoërskool Nelspruit ster, Daniel Maartens, het die wiele aan die rol gesit toe hy twee drieë in die eerste helfte gedruk het.

Dié flank was ook verantwoordelik vir Vrystaat se beheer by die afbreekpunte.

Die o.19’s- en o.21’s speel hierdie naweek teen die Blou Bulle op Olën Park en gaan hierdie keer wil seker maak dat hulle die ondersteuners met die blaas van die eindfluitjie sal laat glimlag. Die o.21’s skop om 12:30 en die o.19’s om 15:00 af.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version