EntertainmentSportSport

SA se potspel- koning van Vaal

Freek Rossouw, ’n plaaslike bedrewe, agtbal-potspelspeler van Hotshots en Einsteins, het vanjaar in Worcester die Vaaldriehoek se naam hoog gehou toe hy as die Suid-Afrikaanse agtbal-potspelkampioen in die rolstoel-afdeling gekroon is.

Dit voel nog soos gister toe die berigte op 29 Mei 2009 op die voorblaaie verskyn het dat die eienaar van Triptiek Slaghuis in Vanderbijlpark in ’n gewapende rooftog geskiet en verlam gelaat is.

Dit is vanjaar ses jaar sedert dié voorval sy lewe onherroeplik verander het, maar hy het nie toegelaat dat dit hom terughou in die lewe nie. Hy besit reeds sy slaghuis 17 jaar en besigheid is beter as ooit. Hy het ook nie sy gunsteling sport prysgegee nie. Hy het in 2013 in Engeland ook aan die Wêreld agtbal-potspel-kampioenskap deelgeneem en deurgedring tot die kwarteindronde.

Hy speel tans in die senior-afdeling vir Hotshots en in die A-liga vir Einsteins.

Related Articles

Back to top button