SportSport

Gimmies en Dokkies deur na Gauteng-kampioenskap

MEYERTON. - Vereeniging Gimnasium se o.19-netbalspan is die Sedibeng-ligawenners nadat hy Saterdag in Meyerton vir Hoërskool Dr. Malan met 37-26 in die eindstryd geklop het.

MEYERTON. – Vereeniging Gimnasium se o.19-netbalspan is die Sedibeng-ligawenners nadat hy Saterdag in Meyerton vir Hoërskool Dr. Malan met 37-26 in die eindstryd geklop het.

Met dié sege kwalifiseer die span om eerskomende naweek aan die Gauteng-kampioenskap by die Hoërskool EG Jansen in Boksburg deel te neem. Gimmies het in die halfeindronde vir Overvaal geklop om tot die eindstryd deur te dring. In die ander halfeindstryd het Dr. Malan vir Transvalia geklop om sy plek in die eindstryd te bespreek. Dokkies het as naaswenner ook deurgedring na die Gauteng Kampioenskap.

Net die eerste twee plekke in die o.15A, o.16A, o.17A en o.19A-ouderdomsgroepe kry die geleentheid om by Gauteng deel te neem. Gimmies en Dokkies spog onderskeidelik met vier en drie spanne wat aan die kampioenskap gaan deelneem en Heidelberg Volksool met een.

Uitslae:
Eindstryde: o.15A: Heidelberg Volkskool 20, Vereeniging Gimnasium 17. Derde plek: Overvaal 16, Dr. Malan 11.
o.15B: Vereeniging Gimnasium 18, Dr. Malan (15). Derde plek: Overvaal 17, Heidelberg Volkskool 10. o.15C: Overvaal 13, Vereeniging Gimnasium 6. Derde plek: Transvalia 15, Heidelberg Volkskool 11.
o. 16A: Vereeniging Gimnasium 20, Dr. Malan 17. Derde plek: Transvalia (13) vs 4de plek Heidelberg Volkskool (11).
o.16B: Heidelberg Volkskool 22, Vereeniging Gimnasium 9. Derde plek: Driehoek 16, Overvaal (9).
o. 17A: Vereeniging Gimnasium 30, Dr. Malan 10. Derde plek: Transvalia 22, Driehoek 10. o.17B: Transvalia 23, Driehoek 6. Derde plek: Vereeniging Gimnasium 9, Dr. Malan 7. o. 19A: Vereeniging Gimnasium 37, Dr. Malan 26. Derde plek: Transvalia 26, Overvaal 17.o.19B: Transvalia 21, Dr. Malan 5. Derde plek: Vereeniging Gimnasium 22, Driehoek 8.o.19C: Transvalia.

Related Articles

Back to top button