Schools

Matriek Gimmies kraai koning in Noordwes

Gimmies het weer bewys dat hulle die top skool in Noordwes is, deur by die meeste van die matriek-toekennings koning te kraai. Die toekennings is Vrydag 5 Januarie in Wolmaransstad gemaak. Gimmies is aangewys as die top skool in die kwantiteit-kategorie, aangesien die skool 162 leerlinge gehad het wat die matriekvraestel afgelê het met ’n 100% …

Gimmies het weer bewys dat hulle die top skool in Noordwes is, deur by die meeste van die matriek-toekennings koning te kraai. Die toekennings is Vrydag 5 Januarie in Wolmaransstad gemaak.

Gimmies is aangewys as die top skool in die kwantiteit-kategorie, aangesien die skool 162 leerlinge gehad het wat die matriekvraestel afgelê het met ’n 100% slaagsyfer.

In die kwaliteit-kategorie vir skole met die hoogste persentasie matrieks wat graadvrystelling gekry het, is Potch Girls High tweede geplaas met ’n persentasie van 92.39% en Gimmies derde met ‘n persentasie van 89.51%. Al-Huda Muslim School was eerste met 100%.

Gimmies is die skool met die derde hoogste getal leerders in Noordwes wat graadvrystelling gekry het, met 145 leerders.

Gimmies het ook die meeste onderskeidings in Noordwes behaal, met 222 vakonderskeidings. Girls High en BA Seobi het Potchefstroom verder trots gemaak.

Firdous Hoosen van Potchefstroom Girls High is die top matrikulant in besigheidstudies in Noordwes en Thandiwe Noliphondwana is die tweede beste matrikulant van al die kwintiel 3-skole in Noordwes met ’n gemiddeld van 89.78%. Gimmies en Ferdies is die enigste twee Potchefstroomse skole wat ’n 100% matriekslaagsyfer vir 2017 behaal het. Ferdies spog daarmee dat hy vir die 18de agtereenvolgende jaar ’n 100% slaagsyfer het. Girls High is kort op hul hakke met ’n slaagsyfer van 98.9%, waarna BA Seobi (98.8%) en Volkies (98%) volg.

Die volgende leerders is ook almal onder die top 20 in Noordwes:

• 6de Pieter Joubert van Gimmies
• 7de Firdous Hoosen van Girls High
• 8ste gesamentlik Jade Craigen van Girls High en Roubert Rousseau van Gimmies
• 10de Zandri Crous van Ferdies
• 11de Anchen Badenhorst van Gimmies
• 14de gesamentlik Anja Bouwsema en Marlise Jacobs, beide van Volkies
• 16de Thandiwe Noliphondwana van BA Seobi
*Foto geneem deur Mario van de Wall

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button