Hallo al my skottelende maatjies

Ek hou bietjie vakansie in Jeffreysbaai. Dit is ’n dorpie langs die see in die Oos-Kaap. Ons gaan stap elke dag kilometers langs die see. Het julle geweet ’n groot deel van die sand bestaan eintlik uit gebreekte skulpies? Alle skulpe was eens op ’n tyd ’n seediertjie se huisie. Wanneer die seediertjie doodgaan, bly …

Ek hou bietjie vakansie in Jeffreysbaai. Dit is ’n dorpie langs die see in die Oos-Kaap.
Ons gaan stap elke dag kilometers langs die see. Het julle geweet ’n groot deel van die sand bestaan eintlik uit gebreekte skulpies? Alle skulpe was eens op ’n tyd ’n seediertjie se huisie. Wanneer die seediertjie doodgaan, bly net die skulp oor. Soms spoel daar heel skulpe op die strand uit. Mens kry skulpe in baie verskillende kleure, blou skulpe, pienk skulpe, rooies, bruines, oranje, pers, amper al die kleure waaraan julle kan dink.
In Jeffreysbaai is daar ook baie seevoëls. Seevoëls is aasvoëls wat enigiets eet. Hulle hang gewoonlik rond daar waar vissermanne besig is om vis skoon te maak. Party van hulle is baie voor op die wa en kom naby aan mense.
Ek het ’n seevoël probeer vang, maar hy het weggevlieg toe hy my groot ore sien. Ons kon net sekere tye van die dag op die sand speel en hardloop, want partykeer was daar net te veel water. Mense noem dit hoog- en laaggety. Dit wissel elke twaalf uur. Met laaggety is daar baie spasie om te speel en die branders is nie so groot nie. Ons kon dan lekker in die rotspoeletjies speel en na die seediertjies kyk wat in die rotse wegkruip. Ons kon ook die aller mooiste skulpe optel. Met hooggety is ’n groot deel van die sand onder die water en die branders is groot en rof.
Die rotse is dan ook heeltemal onder die water. My ore het ook gehoor daar word nou ’n groot vergadering gereël in Port Elizabeth waar mense koppe bymekaar gaan sit om te kyk of hulle die besoedeling in die see minder kan maak. Besoedeling is al die weggooi goed wat die aarde en die see vuil maak. Daar word op die oomblik 350 kg plastiek per sekonde in die see gestort.
As dit so aan gaan, is daar binnekort meer plastiek as visse in die see. Dit sal baie hartseer wees as dit gebeur. Maters, julle moet tog mekaar aanmoedig om ons aarde mooi op te pas.
Skottelende groete
Tot volgende week

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version