OpinionsOre

Hoe sê Ore? 3 November 2016

Hier kort dokters Dit klink vir Ore hier kort nog ’n paar dokters in Potchefstroom. ’n Vriendin van Ore het van Vrydag af kwaai oorpyn en kon nêrens ’n afspraak by ’n dokter kry nie. Die ergste was egter dat by een dokter reguit aan haar gesê is dat as sy nie ’n gereelde pasiënt …

Hier kort dokters

Dit klink vir Ore hier kort nog ’n paar dokters in Potchefstroom.
’n Vriendin van Ore het van Vrydag af kwaai oorpyn en kon nêrens ’n afspraak by ’n dokter kry nie.
Die ergste was egter dat by een dokter reguit aan haar gesê is dat as sy nie ’n gereelde pasiënt by hulle is nie dan maak hulle nie eers vir haar ’n afspraak nie.
Klink vir Ore dokters hou nie van gesonde mense nie. Want dis net gesonde mense wat nie gereelde pasiënte is nie.
Dis omtrent soos by die bank. As jy wil geld leen nadat jy vir jare alles kontant gekoop het, het jy geen rekeningbewyse nie en leen die bank nie vir jou geld nie.

Rekbank

Ore dink ons strafregstelsel moet terugkeer na die donker middeleeue toe moordenaars en geweldenaars op rekbanke uitmekaar getrek is.
Ore sal met graagte die rekbank beman as die stiefpa wat daarvan aangekla word dat hy ’n 3-jarige dogtertjie doodgeskop het, skuldig bevind word.
Ore verkies om te glo dat daar ’n spesiale plek in die hel vir sulke gedrogte is. Maar net om seker te maak, moet sy hel al op aarde begin.

Monument

Ore sê daar moet ’n monument opgerig word vir die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shaun Abrahams.
Want hopelik het hy en sy span nou gewys hoe dit nie gedoen moet word nie. Onderaan die monument moet daar ’n inskrywing wees wat min of meer lees: “Uit sy blapse het ons geleer! Dit sal nooit weer gebeur! Gesonde verstand sal seëvier. Stommiteite aanvang, nooit weer.”

Vinnig oud word

Ore sien Beeld se opskrif oor Pat Lambie sê hy kan Bokke nog lank lei.
Wel ja, op 26 kan hy weliswaar nog lank lei. Ore hoop net nie dit word “ly” nie, want of die ou hardebaarde vir dié seunsgesiggie (met alle respek) gaan luister, weet Ore darem nie.
Hy gaan vinnig oud word.

Related Articles

Back to top button