OpinionsOre

Ore; 6 Oktober 2016

Ore; 6 Oktober 2016

Aardskuddend

Soos Ore 18 jaar terug gesê het – “uiteindelik is dit aardskuddend Aardklop.” Vanjaar is dit jubelend, hartkloppend Aardklop.
Jubelend, want Aardklop het die aanslag op sy lewe oorleef. Hartkloppend, want dit is sterker na die noodoperasie.
Vir ons besoekers wil Ore net sê dat die stad nie altyd so vuil is nie. Ons het net bietjie te laat begin skoonmaak. Partykeer is ons betyds. Verskoon ook die Potchefstromers wat al weer wil kla oor strate wat gesluit is, hulle ver moet loop en dat dit net ‘n groot basaar is. Potchefstromers, soos Ore, lê graag eiertjies. Hulle kan dit net nie help nie. Maar eintlik lief hulle Aardklop!

Uit posisie

Iemand vra Maandagoggend hoekom het die Springbokke gewen. En toe weet Ore nie eintlik nie.
“Maklik”, sê ’n kollega. Die Aussies was swak.
Dis eintlik nie wat Ore wou hoor nie. Ore het gedink dis omdat so baie ouens uit posisie gespeel het. Ore het gehoop dis waarom Ore nooit vir groot rugby gekies is nie. Omdat Ore heeltyd in die verkeerde posisie was.
Ore moes voorry in plaas van vleuel wees. Kom ons probeer Lood op skrummie.

Drankwet

Ore hoor die nuutste is nou dat die regering wet wil maak dat niemand onder 21 drank mag gebruik nie.
Wel, as die regering gedink het die ”FeesMustFall” is erg sal hulle nou sitplekgordels moet vasmaak, want Ore kan nie in sy vroomste denke sien hoe studente hulle hieraan gaan steur nie. En ook nie die drankverskaffers nie.
Sluikhandel gaan floreer. Ophou drink gaan nie gebeur nie.

Toilet-redding

Ore hoor teen Dinsdagmiddag was die ergste voorval by Aardklop dat ’n meisie in ’n toilet by die Botaniese tuin vasgekeer was.
Beskermingsdienste moes haar kom red. Ore is baie bly dat die toilet binne hoorafstand van hulp was, anders was haar Aardklop verby.

Related Articles

Back to top button