BlogsOpinions

Uit my dagboek: Nuwe pa: Pasop wat jy voor jou kinders sê

As jy nie wil hê jou kind moet vloek nie, moenie voor hom vloek nie.

As jy nie wil hê jou kind moet vloek nie, moenie voor hom vloek nie.
Maak asseblief tog ook seker dat hy nie saam met jou na die Springbokke se wedstryde kyk nie. Ek en Aiden het onlangs die Springbokke se wedstryd teen die Wallabies gekyk. Die eerste helfte was dit net “go Bokke go” wat Aiden al te lekker agter my aangesê het. Maar teen die tweede helfte het die vloekwoorde een na die ander ingekruip. Sonder dat ek agterkom, het hy die ook opgetel. Die versie het verander van “go Bokke go” na, wel mens kan net indink wat gesê is toe die Bokke begin spoed verloor. Ek dink nie hy weet wat hy sê nie, maar toevallig na ek een keer vir Eben Etzebeth geskel het, het hy elke keer vir arme Eben geskel as hulle hom wys.
Al het Etzebeth die keer daarna iets goed gedoen. Nigel Owens het ook deurgeloop, met Aiden wat hom ook k*k noem wanneer hy op die skerm verskyn.
Nou wat moet ek nou doen? Almal waarsku altyd om te pasop wat mense sê waar klein oortjies kan hoor, maar die skade is nou aangerig. Stelselmatig kry ek my eie emosies in toom, elke keer as die Bokke aanjaag dan skree ek maar net, “Ag nee.” So het dit beter begin gaan, naderhand het hy die nuwe vorm van kritiek aangeleer, hoewel dit nie soos “Ag nee” geklink het nie, maar net ’n mengelmoes van klanke wat in ’n kwaai stemtoon geskree word.
So het ek my les geleer. Kinders, veral op so ‘n jong ouderdom, doen alles agter hulle ouers aan, so pasop wat jy sê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button