LetterOpinions

NG Welsyn sê dankie, maar nood bly hoog

Dit is wintertyd en ons almal het ’n bietjie vertroeteling, warm kos en donsige komberse nodig. NG Welsyn word daagliks gekonfronteer deur mense wat nie hierdie luukses besit nie, wat in werklikheid basiese benodigdhede is. Volgens Elna Francke, maatskaplike werker by NG Welsyn Potchefstroom, word hulle oorweldig deur versoeke van families en individue wat behoefte …

Dit is wintertyd en ons almal het ’n bietjie vertroeteling, warm kos en donsige komberse nodig.
NG Welsyn word daagliks gekonfronteer deur mense wat nie hierdie luukses besit nie, wat in werklikheid basiese benodigdhede is. Volgens Elna Francke, maatskaplike werker by NG Welsyn Potchefstroom, word hulle oorweldig deur versoeke van families en individue wat behoefte het aan voedsel, warm klere en komberse. “Sommige van hierdie families woon in uiters armoedige omstandighede. Ons het daagliks te make met families wat slegs tussen R10 en R20 per dag vir voedsel en vervoer het.
In die afgelope maand het ons ‘n negejarige kind gevind wat aangedui het dat hy twee dae lank geen voedsel gehad het nie, terwyl ’n 11-jarige kind genoem het dat hy die afgelope paar dae slegs kool en pap gehad het om te eet.”
Dit is moeilike ekonomiese tye en die skenking van klere en voedsel het afgeneem en bykomende eise word gestel aan ‘n welsynsorganisasie soos NG Welsyn.
Met dié in gedagte wens ons ook om ons dank aan ons gereëlde ondersteuners uit te spreek. “Ons bedank veral SPAR Bailie Park en PICK n Pay Van der Hoffpark wat ons tydens die Tekkie Tax-veldtog gehelp het en ook kruideniersware geskenk het wat ons kon gebruik om onder ons families in nood te versprei.
SPAR Baillie Park en Pick n Pay het ons gehelp om families in uiters moeilike tye te onderhou en help om die gehalte van die families met wie ons te make het, te verbeter. Besighede soos SPAR en Pick n Pay is ons lewensondersteuning deurdat hulle ons bystaan om dienste te kan lewer,” sê Elna Francke, maatskaplike werker.
NG Welsyn nooi besighede en individue om betrokke te raak by die verbetering van die lewens van minderbevoorregte mense. Indien u klerasie, kruideniersware of komberse wil skenk, is u welkom om met Liezel van der Merwe van NG Welsyn by 018 297 7347 te skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button