Tennisbal beland in tortelduif se nes!

Die Douvoordag tennisgroep speel in die oggende by die Bailiepark tennisbane. Onlangs het André Marais per ongeluk ‘n bal oor die draad geslaan tot in ‘n Soetdoringboom in. Die bal val toe nie uit nie. Marais sou toe sien dat die bal in ‘n tortelduif se nes lê! “Die duif was baie verbaas toe hy …

Die Douvoordag tennisgroep speel in die oggende by die Bailiepark tennisbane. Onlangs het André Marais per ongeluk ‘n bal oor die draad geslaan tot in ‘n Soetdoringboom in. Die bal val toe nie uit nie.

Marais sou toe sien dat die bal in ‘n tortelduif se nes lê!

“Die duif was baie verbaas toe hy kom sit het,” grap Peet van Schalkwyk van die tennisgroep.

Foto’s: Peet van Schalkwyk

Die tennisbal wat in die tortelduif se nes beland het.
Die tortelduif het ‘n vreemde “‘eier”in sy nes gekry.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version