Fraiings – Versoekings

Essie Bester –  Een oomblik neurie ek ingenome: “I`m king of the hill, top of the heap …” Die volgende oomblik pootjie versoeking my en ek val. Tyd op hande, ’n bultende beursie en ’n rustiger lewe. Dit alles nog vóórdat ek begin het met my 10 Dae na ’n kalmer jy, kursus! Min wis …

Essie Bester – 

Een oomblik neurie ek ingenome: “I`m king of the hill, top of the heap …” Die volgende oomblik pootjie versoeking my en ek val.

Tyd op hande, ’n bultende beursie en ’n rustiger lewe. Dit alles nog vóórdat ek begin het met my 10 Dae na ’n kalmer jy, kursus! Min wis ek dat temptasie reeds grynslaggend lê en loer.

Maandagoggend, en ek is, danksy my nuwe klerekas-benadering, betyds. Maar toe stop ’n onheilspellende girrrts geluid my in my spore. “Nee! My staatmaker romp.” Die kwessie vereis dringende aandag en ek gryp dadelik na my dagboek en krabbel: “Klerewinkel – nuwe romp.”

Image Source: www.pixabay.com

Toe huiwer ek. Dit gaan ’n vreemde eerste ervaring wees. Ék, wat maar onlangs eers winkels afgesweer het. My ooraktiewe gedagtes sit op loop. In my geestesoog sien ek hoe winkelpoppe bakhand staan en fluister: “Daar is die verraaier! Dis sý wat ons deesdae vermy!”

Die verkoopsassistent glimlag egter vriendelik toe ek instap. Ek begin ontspanne rondkyk. ’n Koningsblou jas wink my nader. ’n Paar leerstewels flikflooi skaamteloos: “Koop ons toe, jy sal nie spyt wees nie!” Nog ’n stemmetjie vra: “Is dit nie die serp waarna jy al twee seisoene lank soek nie? Voel net. Dit is sy-sag.”

Soveel blink beloftes bymekaar! En ek ervaar ’n totale aanslag op al my sintuie. Projek 333 is momenteel vergete. Die euforiese gevoel wat met troos-aankope gepaard gaan is kortstondig. Dit vergeet ek ook.

In retrospeksie besef ek wat die kruks van die probleem was. Matigheid of eerder ’n gebrek daaraan! Ek was nie emosioneel opgewasse teen hierdie inkopietog nie. My weerstand het verkrummel en ek is oorweldig deur ’n kaleidoskoop van kleure, geure en die visuele.

Ek, feilbare vrou, het geswig en alle matigheid in die wind gestrooi. Waar, o waar is daardie organisasie wat vroue leer om meer oordeelkundig te koop?

My enigste eerbare opsie is boetedoening en skadebeheer. Nadat ek stamelend my dilemma aan die verkoopsassistent verduidelik het, neem sy my troos-aankope terug sonder om ’n oog te knip. High five vir haar!

Van nou af gaan ek my oë ferm op die einddoel hou. My ego is gekrenk en my rus is versteur. Die psige van ’n vrou darem! Ek moet van vooraf werk aan myself en my kleiner klerekas. Myself wéér daaraan herinner dat ek nie sóveel nodig het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version