Waarom geheime DA kandidaatlyste?

Gerhard van der Merwe skryf: Op 31 Mei reik die DA leier, Mmusi Maimane, ‘n verklaring uit waarin hy die ANC hoogs verontwaardig kasty weens die ANC se versuim om sy burgemeesterskandidate vir die komende verkiesing bekend te maak. Hy sê onder meer dat die ANC poog om hierdie kandidate “te beskerm teen die gemeenskap …

Gerhard van der Merwe skryf:
Op 31 Mei reik die DA leier, Mmusi Maimane, ‘n verklaring uit waarin hy die ANC hoogs verontwaardig kasty weens die ANC se versuim om sy burgemeesterskandidate vir die komende verkiesing bekend te maak.
Hy sê onder meer dat die ANC poog om hierdie kandidate “te beskerm teen die gemeenskap se beoordeling.” Verder sê hy dat “die SA kiesers die reg het om te weet wie die ANC se kandidate is.” Ook meld hy dat die “mense nog nie die geleentheid deur die ANC gegun is om hul opsies regverdig en openlik vir die 2016 verkiesing te oorweeg nie.”
Dit is nou byna ‘n maand later en alle partye se kandidate vir die komende verkiesing is geregistreer. Tog weier dieselfde Maimane se DA landwyd om hul kandidate bekend te maak. Hoe nou? Wat het geword van die hoogheilige verontwaardiging, of geld bogenoemde stellings nie vir die DA nie?
Kiesers wag immers al lank op die uitkoms van die DA se nuwe, “getransformeerde”, kwota-gebaseerde kandidaatlyste.
Die weerhouding van kandidate se identiteit skrei tog sekerlik teen die wese van die demokrasie?! Hoe kan van kiesers verwag word om te stem as hulle nie ‘n idee het vir wie en wat hulle stem nie. Letterlik ‘n spooklys.
Die waarskynlike antwoord op die DA se vreemde omgang met die demokrasie is dat hulle bang is vir hulle tradisionele kiesers se reaksie as hulle agterkom dat hulle in terme van DA beleid, voortaan nie meer deur hul “eie” mense verteenwoordig mag word nie. Veral nie as hulle Afrikaanssprekend is nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version