Katjies en hul dinge: ‘n Nuwe meouw

Die doen en late van my katkind...

Die afgelope paar maande voel ek daar is iets kort in my lewe. Iemand om mee te gesels wanneer my kêrel Keanu tot laataand by die Boer tafels skoonmaak. Iemand om my warm te hou in die koue nagte en iemand met wie ek vir ure kan sit en gesels sonder dat hy terugpraat of my snaaks aankyk.

So ek het besluit ek wil ‘n katjie hê…met baie hulp van Darren Kruger by Paws het ek uiteindelik ‘n harige grys vierbeen diertjiehuis toe gebring met ‘n pienk neusie, groot grys oë en die doopnaam Stoffel (ek het hom vernoem na my ma se oudste broer… of miskien het ek net gedink dis ‘n oulike naam). Stoffel was oulik. Hy het gehou van stywe drukkies en het kliphard gepurrr as ek hom vryf… maar wat ek nie geweet het nie, is dat Stoffel aan ‘n sindroom gely het wat algemeen is by optelkatte, naamlik Pancytopenia.

Ek gaan nie hieroor uitbrei nie, en ek is jammer om my blog op so ‘n swaar noot te begin, maar Stoffel is ‘n week na ek hom aangeneem het oorlede. Die sindroom veroorsaak dat baba katjies nie balans het nie, en ook soms nie op hul pote land nie. Stoffel het toe vroeg verlede Sondag van my bed af gespring en direk op sy kop geval. Toe ek hom by die veearts kry, kon hulle niks vir hom doen nie aangesien hy reeds bloeding op die brein gehad het.

Na hy gehoor het van die hartseer nuus, het Darren my gebel en gesê ek moet, wanneer ek gereed is, weer ‘n draai by Paws gaan maak en vir my ‘n nuwe babatjie gaan haal. Alhoewel ek baie bitter was oor die afsterwe van ou Stoffel, het ek gereken dat daar so baie katjies is wat nog wag vir ‘n huis, en ek kan nog een van hulle die kans gee om baie liefde te ontvang. So het ek uiteindelik op Donderdag, 21 April ‘n spierwit, grootbek baba katjie aangeneem wat stadig maar seker binne my hart in gekruip het, en die seer bietjie vir bietjie beter gemaak het. Ek is bevrees dat dié kieter vir meer as ‘n dag naamloos moes rondloop want Stoffel was klaar gevat…

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version