BlogsOpinions

Tinkie sê: Nuwe bokafrigter moet uit verlede leer

Wie ookal die nuwe Springbokbreier gaan wees, gaan beslis ‘n baie groter verantwoordelikheid hê as wat sy salaristjek gaan wees! Die nuwe afrigter sal alles wat by die wêreldbekertoernooi verkeerd geloop het, deeglik in oënskou neem. Hieroor is alreeds baie gepraat. Soveel so, dat die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, bedank het en sy heil moontlik nou …

Wie ookal die nuwe Springbokbreier gaan wees, gaan beslis ‘n baie groter verantwoordelikheid hê as wat sy salaristjek gaan wees!

Die nuwe afrigter sal alles wat by die wêreldbekertoernooi verkeerd geloop het, deeglik in oënskou neem.

Hieroor is alreeds baie gepraat. Soveel so, dat die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, bedank het en sy heil moontlik nou in Japan gaan soek.

En gaan die Bokke ooit weer op die hoogste podium so verneder word deur n “muggie – span” soos dié van Japan?

Meyer, het soos teen die Argentyne, nooit sy les geleer dat mededinging op die hoogste vlak, nié die plek is om kombinasies te toets nie.
Ek hoop van harte dat die nuwe Springbok- afrigter nie dieselfde verloor-foute sal begaan nie.

Die talentvolle, jong speler, Damian de Allende, moes tóé vir die beseerde kaptein,  Jean de Villiers plek maak, ondanks de Allende en Jessie Kriel se uitstaande samespel.  -Net soos destyds in die geval van John Smith toe Bismarck du Plessis, tóé gereken as die beste haker in die wêreld, vir lank tot almal se frustrasie, oubank moes sit.

Nóóit moet sulke foute herhaal word nie.
Soos destyds ook dié van Peter de Villiers.
Ek huil en lag sommer weer deurmekaar as ek net daaraan dink, hoe hy die kêpie, John Smit, gedra het totdat hy letterlik te swaar geword het …

Maar kom ons vergeet van ervaring, fiksheid, beserings, ouderdom, kapteins wat van voor af moes lei, (sic) wat meegehelp het dat die Bokke so swak gevaar het.

Ons moet onthou dat die Japanese die Bokke waaragtig voor aangevat het met bykans 40 kilogram ligter as die Bokke én die Bokke ore aangesit.
Ek hoop van harte dat so iets nooit weer sal plaasvind nie en dat die nuwe afrigter in die toekoms skerp en bedag sal wees, op so iets.

Die Bokke kon dit in die skrums ook nie soos in die verlede, met krag regkry nie, terwyl die Japanese dit met reguitlaaglêrûe en momentum reggekry het.
Dít was werklik ongelooflike samespel, terwyl die meeste Bokke nog om n plek in die span meegeding het!
Laat die volgende afrigter dié voorbeeld neem van die Japannese: Hulle het vlak gelê en die Bokke voor aangevat, voordat die Bokke dit met húlle kon doen en daar was geen plan B daarvoor deur die Bokke nie.

Hopelik word die Bokke weer die beste skrummers in die wêreld met nuwe gespesialiseerde metodes en nie vetties soos wat Balie Swart op ‘n kol gesê het, wat weer in die skrums moet sak nie.
Die Japannese het bogenoemde stelling totaal en al verkeerd bewys, toe hulle die Bokke in die grond in geskrum het.  -Sonder vetties óf vreeslike frisses.

Eddie Jones was ook geen pampoen nie en het mos al self die Bokke se agterlyn afgerig. Hoekom het hý sý huiswerk gedoen, maar die Bok-afrigter nie?

Daar was ook byna geen noemenswaardige agterlynbeweging uit Bok se kraal nie.
Dit is net asof die spelers soos geïsoleerde afkophoenders, nie geweet het wat om met die bal te doen, as hulle die bal gekry het nie.
Maar hoe kon enige afrigter ooit  kontinuïteit verwag het, met al die “gechop” en “change”?
Die Japanese het ook soos tiere aangeval én verdedig en die Bokke nie n aks beweegruimte gegee nie.
Hoekom het die Bokke dit nié met die Japannese gedoen nie?
Waar was die motivering? En het die kaptein toe enige impak gemaak? (Dié tyd wat hy wel op die veld was?)
Of was die span deurmekaar met al die kapteins op die veld of die kapteins dalk met mekaar?
-Ek dink in elk geval dat dit nie raadsaam is om n kaptein so lank voor die tyd te gekies nie.
Ook nie weer onfikse en beseerde spelers nie. Ook nie weer ou manne wat die jonges kamtig moet touwys maak nie. -Ek dink regtig dat dit die afrigter se werk is.
Gaan dit weer so wees met ‘n volgende afrigter?

En soos n befaamde rugby-verslaggewer geskryf het en jammer om te sê ek ook, wás ons reg oor die senter-paar de Allende en Kriel:
Met hul weglating, ís die ligte toe uitgedoof, want Meyer het sy beurtkrag misbruik.

So Meyer, of enige ander toekomstige afrigter, moet as hul ooit weer die kans sou kry, nooit, ooit weer n span op sy baadjie takseer deur kombinasies te wil uittoets in rugby kompetisies op die hoogste vlak nie.  – Huiswerk doen ‘n mens by die huis en nie in kompetisies waar jy teen spanne soos Nieu-Seeland en Australië meeding nie.

Ek hoop ook dat die nuwe afrigter ook nie weer arrogante wentellings in die media teen enige ander span, soos wat teenJapan en Argentinië, (in n vorige kompetisie,) gedoen is, sal voorspel nie.

Die les teen Japan was ‘n baie duur een en niemand van ons sal dit seker maklik vergeet nie. Ek hoop die nuwe afrigter óók nie.

Ons was bl(EDDIE) laaggevat…

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button