BlogsOpinions

Ore

Ore hoor die stadsraadsvergaderings is darem nie net altyd bakleierig nie.

’n Tong-glipsie

Ore hoor die stadsraadsvergaderings is darem nie net altyd bakleierig nie.
Vandeesweek in ‘n vuurwarm vergadering waartydens die DA, Cope en VF uitgeloop het oor twee punte wat te laat ontvang was, asook ‘n begrotingswysiging wat na hulle mening op onbehoorlike wyse deur die Speaker gestoomroller is, het raadsheer Theuns Krüger losgetrek met: “Madam Speaker, I am sorry to say, but you are really a bad Speaker”.
En toe het raadslid Frans Botha (VF+) ook sy beswaar geopper met “Madam Speaker, on behalf of the EFF…” – waarna dit chaos was soos almal uitgebars het van die lag!
Toemaar raadslid, ons lag saam met jou, nie vir jou nie.

Makro-sweet
Ore hoor by die kies van huiskomitees van koshuise kry mens groot swete en klein swete.
Dis wanneer die potensiële nuwe HK lede moet sê waarvoor hulle staan. Nou verstaan Ore daar was die afgelope paar dae by die universiteit ook ’n makro sweet.
Dit was nadat dit aan die lig gekom het dat mense met NWU e-pos-adresse ook op die sogenaamde ashleymadison-affairblad verskyn het.
Sjoe, hoe verduidelik jy so een aan die wederhelfte.

Ore wil ook

’n Vrou wou dié week by Ore hoor waar kry mens die aansoekvorms by die stadsraad om net R5 pm vir ’n huis en R100 pm vir elektrisiteit te betaal.
Sy sê dit was bedoel vir mense wat geen inkomste het nie, maar dit lyk of dit verander het, want ’n man wat by hulle werk het nou dieselfde voordele by die stadsraad gekry.

Gekruide taal
Ore sal ook graag van dié vriendelike gebaar wil gebruik maak!
’n Vrind van Ore wat Sondag by die krieket was sê hy was nogal geskok oor die erg gekruide taalgebruik wat uit die monde van pragtige jong studentemeisies gekom het.
En dit was nie oor die swak kolfwerk van die Proteas nie. Hulle het nie eers na die krieket gekyk nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button