Uit my dagboek: Nuwe Pa; Tranedal by Tjokkerplaas

Die trane het geloop by Tjokkerplaas. Vir ’n verandering was dit nie myne of Aiden s’n nie, maar mamma s’n.

Die trane het geloop by Tjokkerplaas. Vir ’n verandering was dit nie myne of Aiden s’n nie, maar mamma s’n.
Maandag was sy eerste dag by dagsorg. Ek noem dit dagsorg want my vrou se ouma glo hy is nog te klein om dit skool te noem. Om haar klein seuntjie nou by vreemde mense te los was vir mamma ’n moeilike ding om te sluk.
“Ek dink ek gaan die middag afvat, dit gaan seker baie moeilik wees vir hom”, het sy so tussen die trane deur gesê.
Ek dink dit is dalk eerder vir haar eie onthalwe dat sy hom vroeg wil gaan haal.
Tot my verbasing het my eie trane, wat ek ook geglo het gaan loop, glad nie ’n verskyning gemaak nie. Dalk is dit omdat ek volle vertroue het met die mense by Tjokkerplaas. Toe ons die eerste keer daar was het ek my eie kleuterskool onderwyser daar gekry. Juffrou Elsa de Wit was ’n onderwyser by my kleuterskool in Vaal Reefs waar ek grootgeword het. Vaal Reefs is ’n klein myndorpie net buite Orkney. Ek het nooit gedink ek gaan haar in Potchefstroom raakloop nie. Veral nie as ’n onderwyser by die kleuterskool waar ek my eie seun inskryf nie. Na 25 jaar vertrou ek my seun in dieselfde hande as wat my ma my daardie tyd gedoen het!
Dit is dalk hoekom ek meer gerus was as my vrou. Ek weet juffrou Elsa, wat nou die hoof is by Tjokkerplaas, en haar span sal baie mooi na Aiden kyk. My vrou kan nie glo dat ek ooit kan onthou wie my kleuterskool onderwysers was nie. Dit is iets wat sy al lankal vergeet het. Dit wys net watter soort indruk die juffrou op my gemaak om haar na so lank nog te onthou. Sy het my ook dadelik herken toe ons met Aiden daar instap. In vandag se gejaagde lewe, waar mens soms voel dat jy net ’n nommer is, is dit verblydend om te sien dat daar nog mense van juffrou se Elsa se stoffasie is wat steeds met kleuters werk.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version