BlogsEditor's noteOpinions

Ons help graag die polisie hiermee

Die Herald het ’n versoek van die polisie en die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) van Potchefstroom ontvang om behulpsaam te wees om die publiek se mening oor die diens van die polisie te kry.

Die Herald het ’n versoek van die polisie en die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) van Potchefstroom ontvang om behulpsaam te wees om die publiek se mening oor die diens van die polisie te kry.

’n Vraelys is opgestel met onder meer vrae oor vriendelikheid, behulpsaamheid en tyd wat dit die polisie geneem het om by die voorval of toneel uit te kom. Die plan is om eersdaags die vraelys in die koerant te publiseer. Die publiek kan dan die vraelys voltooi en dit weer na die Herald bring of stuur, waarna die polisie en die GPF dit kan ontleed. Die vraelys sal heel waarskynlik ook op die Herald se webtuiste voltooi kan word. Sodra alles gereed is sal dit aangekondig word.

Die Herald het groot waardering vir hierdie poging van die polisie om hul diens en beeld te verbeter en ons doen graag hieraan mee. Die polisie is gereeld in die spervuur. Soms met goeie rede, maar soms ook weens onredelike eise wat aan hulle gestel word.

Die instelling van die Gemeenskap Polisiëringsforums ’n hele paar jaar gelede het al baie bygedra tot beter verhoudings met die publiek. Hierdie meningsopname is beslis iets meer sigbaar vir die gewone man op straat oor die rol wat die GPF saam met die polisie self kan speel om ‘n beter diens te lewer. Die blote feit dat die publiek se mening gevra word plaas klaar druk op die polisie om hul diens te verbeter. Dit sal ook sinneloos wees indien die publiek na so ’n meningsopname geen verbetering waarneem nie.

Dit skep ook ’n bewustheid van die rol wat die GPF speel om ’n skakel tussen die publiek en die polisie te wees.

Related Articles

Back to top button