Dié persoon ‘n ware engel

Dankbare inwoner van Vereeniging skryf:

Dankbare inwoner van Vereeniging skryf:

Op Vrydag 29 Mei was ek in Checkers in Arcon Park besig met my inkopies vir die naweek. Toe ek by die betaalpunt kom om te betaal, moes ek met ‘n skok agterkom dat ek nie my beursie en dus geen geld by my het nie. Langs my het ‘n ‘engel’ gestaan en aangebied om my inkopies te betaal en dit gedoen! ‘n Ware engel! Ek was so geskok oor my skade dat ek nie eers gevra het wat die persoon se naam is nie.

Kontak my asseblief by (016) 428 2995 sodat ek vir jou dankie kan sê. Mag die Heer jou seën!

Exit mobile version