Waarom nou ’n nuwe naam?

Met die aanvang van die nuwe grondwet in 1996 kon provinsies hul name verander, en wat inderdaad ook gebeur het.

Met die aanvang van die nuwe grondwet in 1996 kon provinsies hul name verander, en wat inderdaad ook gebeur het.

Daar was toe geen beswaar teen Noordwes nie en ander provinsies het ook soortgelyke name wat geografies hul posisie aandui soos Wes-, Oos- en Noord-Kaap. Indien Noordwes dan sodanig nie die provinsie se juiste posisie aandui nie, waarom dit nie toe reeds verander nie? Waarom nou byna 20 jaar later?

Ons het tans in Suid-Afrika ’n groeilose ekonomie en oneffektiewe staatsbestuur wat nie maklik verander gaan word nie. Dis makliker om name te verander sodat dit lyk asof iets gebeur. Die Premier van Noordwes is onder druk en hy gee toe aan ’n waarskynlike klein minderheid wat die naamsverandering ter wille van “window dressing” wil deurvoer.

’n Verdere aanduiding van politieke motiewe is dat die voorgestelde naam, Moses Kotane, skielik na vore gekom het met die herbegrafnis van Kotane. Dit was nie ’n voorstel uit die geledere van die gewone gemeenskap nie. Buitendien is daar reeds ’n munisipaliteit na Kotane vernoem. Die gevaar om ’n provinsie, of selfs ’n straat, dam of wat ookal na ’n persoon te vernoem is ooglopend. Dit kan maklik in onguns verval wanneer die wind anders waai.

Gelukkig vereis die proses, en dié proses vir ’n naamsverandering vir Noordwes het nog nie begin nie (hoewel ’n aansoek daarvoor in is), dat daar geleentheid moet wees om ander name voor te stel. Die politieke kenner, Theo Venter, meen om die naamsverandering te probeer stop met ’n koste-argument gaan nie werk nie.

Dink eerder aan gepaste inheemse name, anders dan aan ’n persoon se naam, vir wanneer voorstelle gemaak kan word.

Exit mobile version