BlogsOpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

So sms lesers – 12 Junie 2015

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak.

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak.

* Let’s play cards or any board game once a week. Must be 60 and older. 060 887 1516.

* Aan diegene wat gedurig die taaldebakel in Vaalweekblad voortvoer: Hou so voort, julle narcisiste. Ons geniet die ligte vermaak wat weekliks aan ons deurgegee word. Naskrif: Indien julle nie die woorde in hierdie boodskap verstaan nie, kry vir julle ‘n woordeboek.

* Daar is nie meer so ‘n ding soos gou-gou gaan geld trek nie. Net een of twee tellers is beskikbaar en dan staan jy jou malle m…….suur en wag en wag!!

* Baie swak diens van ‘n sekere selfoonmaatskappy, die 17 jaar wat ek van hulle diens gebruik gemaak het. Het ‘n tablet op kontrak uitgeneem, na ‘n tweede sim en nege dae nog nie geaktiveer nie, het ek dit gaan teruggee. Klaar met dié maatskappy.

* Bitter erg hartseer en kwaad vir Jon van Vereeniging!! Moes net 20cm afsny en ‘n koord onder in my duur chiffon en sy gordyne sit….hy het my gordyne in die helfte gesny. Het nou vier gordyne en het 30cm soom onder! Nie professioneel nie. W. Rolfe.

* Die man wat na stukkende TV’s soek kan my skakel. Daar was nie ‘n nommer nie. 079 970 0536.

* Ek het worsman, ek het in jou kop ingeklim, dis so maklik om julle om te krap, ek sit nou in jou peanutdop kop, dis lekker warm hier binne maar dit ruik soos braaiwors, die lekkerste braaiwors in die Vaaldriehoek. S.

* Ek is op pensioen, ek soek ‘n hok vir ons ringnek asb! Kan iemand help? Dankie (jou kontaknommer ontbreek. Red).

* Ek is op soek na rakke asook ‘n trollie (hout of metaal). 083 409 7495.

* Ek soek ‘n klavier om te koop. Kan tot R1 000 betaal. Enige toestand. 084 342 2419.

* Ek stem saam met jou Buzzy. Maar die mense dink nie verder as wat hulle neuse lank is nie. Daai stad se strate gaan ook gate kry en hulle gaan ook vrot water drink en nie lank nie, dan is dit ‘n spookdorp. Anelien.

* Ek volg die Giro dItalia-fietswedren in Italië, dit is net ‘n plesier om te sien hoe goed lyk hulle paaie, regoor Italië. Andre.

* Ek wil graag vir Ignesious en Maureen by President Hyper baie dankie sê vir hul goeie kliëntediens aan my. Dankie. Ouma.

* Ek wil graag vir Peet en Jana by Executive Upholsterers bedank vir die moeite wat hul vir my met my motor se oortreksel gedoen het. Julle is pragtige mense. Alet.

* Lovebirds Maskers gewoon of pied en pied fischers gesoek asb. Drie Riviere. 084 506 5125.

* Goeie more ek is dringend op soek na goed wat mense nie meer gebruik nie soos klere, breekgoed, speelgoed, motoronderdele, enige goed, ek maak ‘n lewe daaruit asb. Dankie. Anna. 083 494 2168.

* Hans grootgemaakte varkbeer soek huis op plot of plaas om as troeteldier gehou te word asb. Woon in dorp en kan hom nie langer hou. 084 028 4421.

* Hoe kan jy so wreed wees, ‘n onskuldige kind, ‘n geskenk van God, jy het drasties hulp nodig!! So het jy seker baie stories om jou optrede te regverdig…..laat sak jou kop in skaamte mevrou die dagmoeder.

* In Paxtonstraat CE 2 is ‘n veldjie waar mense van Gerber- en Hobanstraat en naby die veldjie enige bourommel strooi…vullis ens. Dit is regtig ‘n seer oog as jy verbyry. Kan iemand groot asb. kom kyk hoe dit lyk? Sê nou maar almal leef soos varke? Trots op my woonplek en erf.

* Is daar nog iemand wat radio’s met valves herstel in die Vaaldriehoek? 076 791 2721.

* Ja ou K@kimarie vir gesonde mense is daar nie medisyne nie, maar vir jou aandag-soek soort is daar apteke vol. Frik E.

* Kan iemand my asb. help? Ek is op soek na rotgif met die naam TOMCAT. Blou blokke. Altyd by VLT in Vereeniging gekoop, maar hulle het toegemaak. 082 921 8313.

* Lees die verantwoordelike mense die Vaalweekblad, want anders help dit nie. Ons kla altyd. Al jare lank se probleem.

* Liewe redakteur. Na aanleiding van die berig wat jy nie so mooi verstaan nie, lyk dit asof die arme oumens moet trek na ‘n belofte dat hy/sy daar kon woon tot die dood. Nou sien die persoon nie kans om te trek nie, en wil liewer selfmoord pleeg! Oumense wil nie so rondgegooi word nie! Dit is baie traumaties! Hoop iemand kan help voordat dit te laat is! Lena. (Verstaan ongelukkig nie die brief nie – Red)

* Maak die groot grafte reg in die middel van die paaie waar ons moet ry. Wil weet wie betaal vir die skade aan my kar? Asseblief tog.

* ‘n Sekere bank in Sasolburg is nou treurig verby! Destyds was dit ‘n baie oulike bank, nie meer nie! Alle navrae is by een toonbank.

* More ek wil net dankie sê vir die man met die gruis karretjie wat vir my die 29 Mei die worsrol gegee het by Makro. Karwag by Makro.

* More ek is op soek na ‘n graad een hokkiestel asb? As jy een het in Vanderbijlpark asb. kontak my. 071 230 0186. Baie dankie.

* ‘n Sekere vrou van ‘n sekere kleuter- en naskoolsentrum wat die dames hire en fire! Aan die arme vrouens wil ek sê: vat haar CCMA toe.

* Nee, nee kom by, julle gooi julle naam weg, as dit nie al weg is nie? Connie.

* Ons sê nooit dankie nie! Dit is voorwaar ‘n fees noudat die Barrage-pad geteer is! Geen meer dronk bestuurders op die pad nie…almal ry reguit sonder om vir enige gate uit te swaai! Baie dankie vir die pragtige pad! Maplotters!

* Op soek na saamrygeleentheid vanaf Jordaans winkel tot by Stephenson Spar. Bereid om petrol te betaal. Werksure van 7:00 tot 17:00. Francois. 079 739 0485.

* Outydse babastootwa gesoek. 084 342 2419.

* Outydse meubels, gereedskap, erdeware en blikspeelgoed gesoek. Enige toestand. 073 087 0967.

* R. die pragtige meisie wat by ‘n supermark in Vanderbijl gewerk het as kassier, jy is weg nadat ek jou naam gevra het. Ek mis jou, het jou amper gereeld elke dag gesien. Hoop om jou asb. weer gou te sien. Jy weet wie.

* Shakespeare said all the world’s a stage and we all play a part. He forgot to add that there’s place for clowns as well.

* Soek baie dringend blyplek vir twee persone in Vanderbijlpark. Die man kry ‘n ongeskiktheidspensioen. Dit kan een kamer of buitekamer ook wees. Kan R600 bekostig. Kontakpersoon Santjie Aarloo. 076 815 8940.

* Vervoer beskikbaar teen brandstof vergoeding Vrydagmiddag na Kroonstad of Steynsrus. SMS na 076 692 4571 as jy belangstel.

* Vir die persoon wat MJ afjak oor die kerke se begintye. Jy is presies hoe ‘n kind van God nie moet wees nie. MJ is ook een van God se kinders. MJ gaan kyk voor die kerk. Daar is gewoonlik borde op met die nodige inligting en tye. Dan wonder ons hoekom ons kerke leegloop. Arthur.

* Wat het van Vaalpark se pedofiel geword? Ons wil graag weet. Hy het so baie kinders se lewens verwoes, wil net weet of ons kinders veilig is en sy naam is aan baie bekend. Hy het geen reg om beskerm te word nie. Nog ‘n ouma.

* Wat is dit tog met wit Afrikaners met goeiemore mensies en lekker daggie? Dit gee my ‘n kramp. Los tog die baba gebrabbel.

* Wil graag vir die personeel van Heidi Kleuterskool bedank vir ‘n fantastiese Ouma- en Oupadag! Julle is ‘n goeie span! Hou so aan!

* Wil vir die twee vrouens wat vanoggend vir my gelag en van my gepraat het in ‘n winkel in Riversdale. Julle lyk slegter as ek, so lag vir julle gatte! Nuwe intrekker.

* Hi Q, nee die leeu moenie doodgemaak word nie. Het vanoggend op TV-nuus gesien borde teen die hekke wat sê moenie vensters oopmaak nie. Dankie vir program. Mooi dag.

* Dankie President Hyper. Julle spesiale aanbiedings is altyd beskikbaar. Die ander verskaffers is meeste van die tyd uit voorraad uit….

* Ek is op soek na ‘n eenslaapkamer tuinwoonstel in Arcon Park of Drie Riviere vir enkel dame. Kan tot en met R3 000 pm. bekostig. Lenie. 082 268 2027.

* Baie belangrik: doen die volgende en kry jou selfoon serialnommer binne in die foon. #06# indien gesteel word. Dankie. L.

* Wonder net of ELM aandele het by pannelbeaters en garages omrede slaggate nie herstel word. Of is dit ‘n manier van werkskepping vir die motorherstel besighede. Kleintjie.

* Kyk hoe staan julle hare, net soos mielieblare. Kamanjab.

* Oom Kalimarie, as jy in die koelkaste gaan kyk sal jy bokse vol vis kry, en nie sommer gewone damvis nie…..nee, uit die diepsee uit. So Checkers doen die vangwerk vir jou sodat jy rustig in die warmte van jou huis kan sit en jou VW lees met ‘n glasie ongemerkte landgoed wyn uit hulle versameling.

* Kan verstaan hoekom tandartse so duur is. As mens die SMS’e lees en sien hoe giftig party Vaaldriehoekers se tonge is, sal ek ook net teen ‘n wilde betaling my vingers tussen daardie tande waag.

* Goeiemore mensies van planeet aarde, maklikke raad vir al die mense met suur druiwe, blaai verby die SMS-kolom. Groete Oom Kalimarie.

* Goeie dag. Ek het so ‘n ruk gelede vir ‘n dame my miniatuur Labrador gegee, sy naam is Paxton. Ek het kontak verloor en wil baie graag weer kontak maak. Ek mis Paxton en wil net weet hoe dit met hom gaan. 081 590 1691.

* Hi. Aan al die mense wat so uitvra oor die kankerbossie en die mense wat dit verkoop. Dit is te koop by Dis-Chem in Pres. Hyper. Het laasweek vir my daar gekoop en dit is baie goedkoper.

* Kalimarie, dis eenvoudig. Gaan vra vir Checkers self oor die hengelgerei. Hoe moet ons weet? Jy’s net lus om strooi te praat. Willa.

* Ek soek dringend na ‘n boekrak, ‘n bed en ‘n chesht of drawwer. 076 844 2290.

* Dagsê Vaalweekblad en lesers enige beertjies, speelgoed, klere, komberse, kos wat u wil wegmaak, ry vuilgoed weg, ou matte, TBV wat stukkend is, ou rims, enige iets welkom. 083 595 7300 of 073 077 2950 asb. Baie dankie.

* Kan iemand wat die Stokkiesdraai-pad gereeld gebruik sê wanneer is die spoedbordjies opgesit? Ek sien die spoed is 60kmpu. En nou is spoedkamera sommer twee dae na mekaar op die pad.

* Ek is op soek na die persoon wat laasweek geadverteer het hy soek TV om te koop, het u asb. sy nommer waar ek hom kan skakel asb? Die man ht nie sy nomner gelaat nie. Baie dankie. Mev. J. Groenewald.

* Dankie aan my koerantverkopertjie wat getrou op sy plek onder ‘n swartsak in die reën staan om sy koerante te verkoop. Koerant altyd droog en met ‘n more oom of more oupa en ‘n mooi dag wens verkoop hy sy koerant. Kleintjie.

* Kan die fossiele wat in Frikkie Meyer-blvd in die regterbaan kruip asb. hul lisensies inhandig sodat ons jongmense kan gedoen kry wat julle moes gedoen het? Vetkoek.

* Die mense wat so vra oor kos en klere en komberse, gaan na jou naaste welsynskantore, hulle help altyd.

* Die man wat ou TV opkoop kan my skakel by 079 783 3985.

* Marnus en Johanne, baie geluk met Kobus se geboorte.

* Boer, nie ek of die VF Plus en duisende ander Afrikaners sal stilbly nie. Ons sal voortgaan om op te staan vir die Afrikaner se regte. Frik Lotz.

* Nuwe skelmstreke. Mense kom glo sensus opname doen. Volgende dag word by huise ingebreek. Oppas mense moenie persone innooi wat nie regte id. kaart kan vertoon van die instansie of besigheid nie.

* Alet, dalk moet jy as ma ‘n bietjie verder dink. Trek vir jou kind warm klere onder hulle skool uniform aan. Onderwysers is nie kinders nie. Jy trek seker ook lekker warm klere aan. Dink ‘n bietjie verder as jou neus.

* Die vrou wat so tekere gegaan het met haar dogtertjie in Sasolburg Checkers op 2 Junie. Jy het dringend hulp nodig rakende jou woedebuie en dan nog klante ook te dreig! Sies man.

* Ek wil uitvind of daar iewers mense is wie se kinders in Overvaal skool was of is, met goeie 2de handse skoolklere wat nie gebruik word nie, te koop het. Dis vir ‘n enkel ma waarvan die een dogter in graad 10 is en die ander een na graad 8 gaan volgende jaar. 074 501 7326. Dankie.

* Hoe afgryslik is die toename in dwelmmisbruik in ons mooi land en die seer van diegene wat dit moet aanskou. Hoe hanteer mens so iets as jou lewensmaat, reeds 63 jaar oud, ‘n volslae dwelmslaaf geword het en dit na ‘n huwelik van 43 jaar? Hy weier hulp, so waar laat dit my?

* Besondere dank aan tannie Eva en personeel van Fuleni Funerals vir al hulle hulp met begrafnisdiens van wyle Nick Skamagas. Ons waardeer dit. Skamagas en Du Plessis familie.

* Wiggle Waggle dag by Stonehaven is op 16 Junie, nie Julie nie. Dit is op Jeugdag.

* Aggenee mense gebruik liewers die afterpil as jy gemeenskap gedoen het,omdat jy nie kan kinders sorg nie. Moenie verwag dat ander mense jou kinders sorg nie.

* Dis lekker om in Vereeniging te bly, want daar is baie gawe spietkops.
Mens kan in die middedorp ‘n U-draai oor ‘n sperstreep wanneer jy ‘n oop parkering aan die ander kant van die pad sien, of jy maak blootweg ‘n dubbel parkering en sit net jou nood flikkerligte aan.. Jy word nie afgetrek of beboet nie… Love it! Dee.

* Johan Pieterse, hoe sug ek van verligting nadat ek jou SMS gelees het oor verkeerde munisipale rekeninge. Baie dankie. Dee.

* Die ou wat in Vanderbijlpark rondloop en geld soek om die lapa se gras te kam het lankal die gras gekoop. Hy sukkel net om daai size kam in die hande te kry. Louis Claes.

* Mess with me I’ll fight back. Mess with my friends I’ll hurt you. Mess with the ones I love they’ll never be able to identify you.

*Ag mense hou op om Oom Kalimarie aan te val, as julle hom ken soos ons sy vriende hom ken, sal julle lekker lag soos ons oor al sy sêgoed. Hy klink dom maar is eintelik baie intelegent. Hou aan met jou SMS’e Oom Kalimarie.

* O aarde nou begin Louis Claes weer. Hy en Frik Lotz is regtig ‘n pyn in my swart g@t!! Ja ek is ‘n swart man, as jul dalk wil weet.

* Onnie ek like jou SMS, ek het lekker gelag. Groete.

* Transvalia se 1966 matrieks is besig om ‘n 50 jaar reünie te reël wat in 2016 gaan plaasvind. As jy in 1966 in matriek was, moet jy jou naam en kontakbesonderhede stuur na 083 648 6603. Gerhard.

* Het dringend adult nappies nodig of slip on doeke large of extra large wat u nie gebruik nie. 082 425 9955. Vereeniging. Baie dankie.

Related Articles

Back to top button