LetterOpinions

Ngwathe brou met elektrisiteit

Arnold Schoonwinkel, DA-raadslid in Ngwathe skryf:

Arnold Schoonwinkel, DA-raadslid in Ngwathe skryf:

Ngwathe munisipaliteit het duidelik bewys hy is nie meer in staat om soos vroeër, self elektrisiteit aan sy inwoners te voorsien nie. Die DA meen Nersa (die Elektrisiteitsreguleerder) behoort Ngwathe se lisensie om elektrisiteit te versprei te kanselleer. Iemand anders moet oorneem.

‘n Mens se eerste keuse sou dalk Eskom self wees. DA-raadslede van Ngwathe het die kragreus reeds vyf jaar gelede daaroor getoets. Eskom wou dit destyds hoegenaamd nie oorweeg nie. Die nuwe hoof van Eskom dink volgens persberigte egter anders. Sou Eskom steeds weier is die ander oplossing om ‘n privaatverspreider te vind. Dit is wat gedoen is in die Mafube munisipaliteit (Frankfort).

’n Privaat firma doen dit reeds etlike jare, blykbaar tot bevrediging van almal. Eskom word maandeliks betaal, die netwerk word behoorlik in stand gehou en foute word vinnig herstel.

Related Articles

Back to top button