Mooi van die lewe glip verby

Ons hedendaagse bestaan getuig van vol dagboeke en lywige agendas. Ons het hoër geboue, maar korter humeure. Ons spandeer meer geld, maar tog het ons minder. Ons bewoon groot huise vol luukshede met baie gemak, maar ons het klein families en min tyd om hulle te geniet. “Gelukkig is die jaar nog jonk,” maak ons …

Ons hedendaagse bestaan getuig van vol dagboeke en lywige agendas. Ons het hoër geboue, maar korter humeure.

Ons spandeer meer geld, maar tog het ons minder. Ons bewoon groot huise vol luukshede met baie gemak, maar ons het klein families en min tyd om hulle te geniet. “Gelukkig is die jaar nog jonk,” maak ons onsself wys, gordel vas en haastig-haastig vat ons ‘n nuwe pad.

Ons praat te veel en luister te min. Ons is grootmense, maar het klein karakters. Ons het meer grade, maar minder gesonde verstand, meer kennis, maar geen oordeelsvermoë. Ons het jare by ons lewe gevoeg, maar nie ‘n lewe by ons jare nie.

Ons het rekenaars en selfone wat baie inligting kan berg, maar ons kan nie meer met mekaar praat nie. Ons het kitskos, maar stadige spysverterings, meer medisyne, maar bly steeds siek.

Ons lees te min en kyk te veel TV. Daar is wêreldvrede, maar oorlog in ons gesinne.

Tyd kan nie opgegaar, herwin of gebêre word nie. Tyd kan nie aan- of afgeskakel word nie. Tyd kan ook nie gekoop word nie. Tyd kan slegs benut of vermors word.

Tyd is beperk, dis net werk werk werk! Die mooi van die lewe glip by ons verby, ons jaag net om daagliks te doen wat onsself behaag. Ons sweet en ons swoeg, van vroeg tot doodmoeg!

Exit mobile version