Kaalgat innie kar

Ore hoor ouens wat vroegoggend op die pad agter die uitbreiding op die Carletonville pad oefen kry gereeld karre daar. Nou die oggend het hulle weer op twee karre afgekom. In die een is ’n ou en meisie kaalgat, besig om te (julle weet wat), die vensters wawyd oop en onbewus van wat om hulle …

Ore hoor ouens wat vroegoggend op die pad agter die uitbreiding op die Carletonville pad oefen kry gereeld karre daar.

Nou die oggend het hulle weer op twee karre afgekom. In die een is ’n ou en meisie kaalgat, besig om te (julle weet wat), die vensters wawyd oop en onbewus van wat om hulle aangaan.

Ore se vrind sê hy weet jongmense gaan êrens hulle ding doen, maar dis vrek gevaarlik daar, weg van die naaste huise af.

Juis by dié plek is hutte opgerig vir werkers wat daar doenig is. ’n Roof of verkragting kan plaasvind.

Ore hoor die Eleazerpad is ook nie meer veilig om alleen te gaan oefen nie.

Ore hoor mense met leerlinglisensies sal een van die dae nie kan kwalifiseer vir ’n bestuurderslisensie voordat hulle nie iets soos 60 uur agter die stuurwiel deurgebring het nie.

Dis ’n baie rein gedagte want Ore sê lankal iemand met ‘n lisensie kan nog nie noodwendig goed bestuur nie. Mens kan net elke dag om jou kyk.

Daar is net een ligte probleempie met dié plan. Wie gaan die ure kontroleer? Dit gaan tog maar net weer ’n groot verneukery wees.

Ore sien nog baie hoe klein kinders voor langs pa of ma op die sitplek staan, of op die agtersitplek sonder dat hulle vasgemaak is.

’n Vrind van Ore se kind het sy neus gebreek toe hy net van ’n gewone remtrap tussen die voorste rugleuningsdeur getrek en met sy gesig in die kontrolepaneel geval het.

As dit ’n botsing was was hy dood.

Jou kosbaarste.

Die Luiperds se grafieke lyk nie goed nie. Teen die Limpopo Blou Bulle het hulle twee jaar gelede met meer as 100 punte gewen, verlede jaar met omtrent sestig punte en vanjaar met net 13 punte.

Of die Limpopo’s verbeter met rasse skrede.

Dit laat ’n paar vrae ontstaan.

 

Exit mobile version